Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese VoorsieningVoorbeeld
Praktiese riglyne vir gee
Spreuke 11:24-25: "Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie ’n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is."
1. Gee met ‘n hart vol vreugde en dankbaarheid. God het 'n blymoedige gewer lief.
2. Gee gereeld en gefokus. Gee aan jou eie gemeente, maar gee ook vir ander sake en individue. Maak seker jy luister na die Heilige Gees – vra Hom hoeveel en vir wie om te gee.
3. Gee eers vir God en betaal daarna jou rekeninge, paaiemente, ens. As jy dit op die teenoorgestelde manier doen, sal jy nooit genoeg hê om vir God se werk te gee nie.
4. Gee selfs wanneer finansies min is. Die geld is in die eerste plek nie joune nie. Jy kan nie meer gee as wat God kan voorsien nie. Moenie gee sodat God vir jou meer sal voorsien nie – die motief is verkeerd. Gee omdat jy God lief het, dankbaar is vir sy voorsiening en omdat dit 'n voorreg en verantwoordelikheid is om te gee. Vra Hom hoeveel jy moet gee en gee dan wat Hy vra. Op sy beurt sal Hy weer gee wat jy nodig het (Matteus 6:33).
5. Gee uit jou oorvloed maar gee ook offervaardig. As jy slegs gee volgens wat jy dink "rasioneel verantwoordelik" is, sal jy nie veel gee nie.
6. Gee jou tiende. Vandag het baie mense allerhande argumente waarom hulle glo dat dit nie nodig is om 'n tiende te gee nie. Dit is ten minste 'n goeie riglyn om met 'n tiende te begin. Sommige redeneer dat Jesus gesê het, "Alles behoort aan God." Dit is waar. Dan gebruik hulle die argument om al minder te gee.
7. Gee in geloof. Moenie net uit jou oorvloed gee nie. Geloof bevat altyd 'n element van risiko. Gee is meer as net 'n "finansiële transaksie." Dit behels ook om te gee tot by die punt waar jy God nodig het om te voorsien.
Aangaande hierdie leesplan
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/