Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese VoorsieningVoorbeeld
God en Mammon
Lees Matteus 6:24: "Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie."
Daar is 2 084 verse in die Bybel wat handel oor geld en finansies. Sestien van Jesus se agt-en-dertig gelykenisse handel oor geld. Te dikwels word ons optrede gemotiveer deur hoe ons oor geld dink. Vir baie word geld hulle sekuriteit en nie God nie.
Vra die Heilige Gees om vir jou te wys watter rol geld in jou lewe speel. As die manier waarop jy oor geld dink nie in lyn is met wat Jesus oor geld sê nie en jy op geld vertrou vir sekuriteit en nie op God nie, is dit tyd om om te draai. Daarmee moet die Heilige Gees jou help.
Gierigheid is afgodery. "Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is" (Kolossense 3:5).
Boek vir verdere leeswerk: "Money, sex and power" – Richard Foster
Aangaande hierdie leesplan
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/