Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese VoorsieningVoorbeeld
Mediteer oor die volgende woorde van Jesus en Paulus oor geld
Die volgende twee Skrifgedeeltes is radikaal. Neem tyd om dit noukeurig te bestudeer. As jy egter daarna gaan luister en dit implementeer, sal dit jou vrymaak van baie sorge.
Lees die volgende twee Skrifgedeeltes:
1 Timoteus 6:6-10: "Die godsdiens is ’n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal."
Markus 4:18-19: "Daar is mense by wie daar soos tussen die onkruid gesaai word. Dit is hulle wat die woord hoor, maar die sorge van die lewe en die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande ander dinge kom op en verstik die woord, en dit bly sonder vrug."
‘n Vraag: Waarom het God gedink dat hierdie twee Skrifgedeeltes in die Bybel moet wees? Wat dink jy?
Aangaande hierdie leesplan
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/