Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.Voorbeeld

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.

DAG 7 VAN 7

Agt Geestelike dissiplines (2)

In gister se oordenking is die eerste drie “geestelike paaie” bespreek waarvan Gary Thomas in sy boek "Sacred Pathways", skryf. Hier volg nog vyf:

4. Askete: Sommige vind asketiese praktyke waardevol. Hierdie mense groei deur vas, afsondering, stilte en ‘n lewe van eenvoud. Dit sluit in om met die minimum wêreldse besittings en gemak te leef. Hierdie mense woon dikwels in kloosters en afgesonderde plekke.

5. Aktiviste: Hierdie mense konfronteer onreg, armoede, mensehandel, slawerny, uitbuiting van mense, ens. Hulle sal regerings “aanvat”, optogte reël, drukgroepe vorm, sosiale media gebruik, en met alle moontlike middele die aandag op 'n spesifieke saak vestig.

6. Versorgers ("compassion/mercy ministry"): Om God lief te hê deur ander lief te hê en om te gee vir diegene wat hulp nodig het. Sommige sal dit ‘n bediening van barmhartigheid ("mercy ministry") noem. Hierdie mense bedryf voedingskemas, psigiatriese instellings, bou huise vir die armes en help om gratis mediese dienste aan mense wat dit nie kan bekostig nie, te voorsien, ens.

7. Meditasie en aanbidding: Hierdie groep fokus op aanbidding en meditasie en ‘n soeke na diep intimiteit met God. Vir hulle is die fokus van die lewe intimiteit met God, aanbidding van God en die ervaring van sy teenwoordigheid.

8. Intellektueles en apologete: Hierdie groep groei geestelik deur teologiese boeke te lees, en intellektueel en teologies gestimuleer te word. Apologete verdedig die geloof en vind maniere om ateïste, skeptici en agnostici te beantwoord. Hulle sal deur middel van besprekings, konferensies en boeke met ander godsdienste en twyfelaars/skeptici in gesprek tree.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.

Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loop.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/