Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.Voorbeeld

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.

DAG 2 VAN 7

Die doel van geestelike dissiplines

Deur die eeue heen het Christene verskeie "geestelike dissiplines" ontdek wat hulle gehelp het om geestelik dieper te groei in hulle verhouding met Jesus, hulle toe te rus en te bemagtig om God se verlossing in Jesus aan mense te bring.

As Christene begeer ons om in 'n dieper verhouding met Jesus te groei. Ons begeer om betekenisvolle verhoudings met mense om ons te hê, in oorwinning oor sonde te leef, harte vol vrede en wysheid te hê, die krag van die Heilige Gees te ervaar en God se roeping te gehoorsaam. Ons verlang daarna om betrokke te wees by die opdrag wat Jesus aan sy kerk gegee het.

Die geestelike dissiplines is nie ‘n wettiese beoefening van godsdiens nie. Dit is nie die nakom van ‘n klomp reëls nie. Die fokus is om jou te help om in die teenwoordigheid van God te kom, Hom te beleef en sy weë te verstaan — om God met jou emosies en verstand te ervaar en in sy teenwoordigheid te lewe. Dit wil ons help om God met ons geestelike oë te kan sien en sy stem te hoor.

Hierdie geestelike dissiplines word waardeloos en hindernisse indien dit nie dieper intimiteit met en eerbied vir Jesus tot gevolg het nie. Dit moet lei tot dieper liefde vir ander en ons meer gehoorsaam maak aan God se opdragte.

Richard Foster noem 'n paar van die nuttigste dissiplines:

1. Meditasie oor en bestudering van die Woord.

2. Gebed.

3. Vas.

4. Lees van Christelike boeke.

5. 'n Lewe van eenvoud.

6. Tye van afsondering en stilte ("solitude and silence").

8. Diensbaarheid.

9. Belydenis van sonde.

10. Aanbidding.

11. Soek na God se leiding.

12. Dankbaarheid.

Dit word sterk aanbeveel dat jy "Celebration of Discipline" deur Richard Foster lees.

Prakties: Watter van hierdie dissiplines is vir jou nuut? Neem een of twee daarvan, en begin om dit te beoefen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.

Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loop.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/