Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.Voorbeeld
Mediteer, wag op God, soek sy leiding, soek die wil van God — soek God
Hierdie dissiplines moet deel wees van die daaglikse lewe van die Christen. Sonder hierdie dissiplines sal ons dikwels dinge doen wat onsself en ander groot skade berokken. Dit lei tot lewens sonder blywende vrug.
Te veel van ons glo: "Ek kan dit doen. Ek weet hoe om dit te doen." Die realiteit is dat ouer Christene baie keer sê dat hulle dikwels sukkel om die stem van God te hoor. Uiteindelik gaan dit nie soseer daaroor om die wil van God te ken as om Hom te ken nie.
Wanneer ons mediteer, mediteer ons oor die Woord. Dit is 'n aktiewe proses om te onderskei wat God uit 'n Skrifgedeelte sê; in stilte te wag en die Heilige Gees vir leiding te vra; ons harte te voed met die waarhede en die goedheid van God. Ons grootste probleem is ons haastigheid en ongeduld.
Moet nooit beweeg voordat jy seker is wat jy moet doen nie. Dit kan binne 'n paar minute gebeur. Soms sal dit dae, maande of jare neem. George Müller, 'n bekende man van God, bekend vir sy merkwaardige gebedslewe en sy 50 000 geskrewe antwoorde op gebed, het die volgende gesê: Ek was daagliks in gebed (oor ‘n spesifieke saak) en meditasie, het leiding gesoek en God gevra om sy wil aan my te openbaar. Eendag, na 11 jaar van gebed, het God 'n duidelike antwoord gegee. Eers toe het ek vorentoe beweeg en die gebou gekoop waaroor ek gebid het.
Gehoorsaamheid: Hoe kan jy die volgende Skrifgedeelte in jou lewe toepas?: "Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie" (Jesaja 40:30-31).
Aangaande hierdie leesplan
Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loop.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/