Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van DissipelsVoorbeeld

Hulle moes doen wat Jesus gedoen het
Toe Jesus die twaalf in Matteus 10:7-8 uitgestuur het, het Hy vir hulle gesê: "Gaan verkondig: ‘Die koninkryk van die hemel het naby gekom.’ Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit."
Lees Markus 16:14-20. Terwyl Hy op die punt was om te vertrek, het Jesus met die elftal gepraat. Nadat Jesus opgevaar het, lees ons van die apostels: "Hulle het toe die evangelie oral gaan verkondig ..." (vers 20). Dan sien ons in die boek Handelinge dat dit nie net die twaalf apostels is wat gepreek, genees, onderrig gegee en dissipels gemaak het nie – almal het dit gedoen! Al die nuwe gelowiges was gevul met die krag van God. Almal het getuig. Almal het mense genees. Almal het dissipels gemaak. Almal het ander onderrig.
Almal 'n volgeling van Jesus.
Almal 'n dissipel van Jesus.
Almal 'n dissipelmaker.
Belangrik: Is jy ‘n “aktiewe” dissipel, of net een met baie kennis en wat baie daaroor praat, maar in die praktyk nie veel daaraan doen nie?
Aangaande hierdie leesplan

Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: "Gaan doen dieselfde as wat Ek gedoen het."
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
