Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van DissipelsVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

DAG 2 VAN 9

Krag vir die taak

Die taak wat Jesus aan die 12 dissipels gegee het, was bomenslik. Jesus het dit geweet. Daarom het Hy vir hulle die Heilige Gees, die Parakleet, gestuur: "Die Een wat jou vergesel om jou te ondersteun of te help, die Een wat jou lei, verseël, doop, deur wie wedergeboorte plaasvind, wat heilig is, wat in die gelowige woon, wat ons bemagtig, gawes vir bediening gee, van sonde oortuig, wat ons genees en ook tekens en wonders deur die gelowiges doen."

Net voor sy hemelvaart, het Jesus vir hulle die belofte in meer besonderhede verduidelik: Terwyl Hy ’n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe ..." (Handelinge 1:4) "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld" (Handelinge 1:8).

Kyk mooi wat Jesus hier sê:

1. Wie het die gawe belowe?

2. "Wat" was hierdie gawe?

3. Twee definitiewe dinge sal gebeur wanneer hulle met die Heilige Gees gedoop word.

4. Eers moes hulle in Jerusalem wag. Waarom?

Ons kan nie sonder die krag van die Heilige Gees die werk doen nie.

Vra daagliks vir Jesus om aan jou die krag van die Heilige Gees te gee.

Belangrik: Wy meer tyd daaraan om die Heilige Gees te leer ken. Blaai deur die Nuwe Testament, skryf alle verwysings na die Heilige Gees neer – besin oor sy karakter en werke. Bv. Jesaja 11:2; Handelinge 1:8; Handelinge 2:1-4; Johannes 14:26.

Soek geleenthede waar jy vir mense die volgende vraag kan vra: As jy vandag vir God om ‘n wonderwerk kan vra, wat sou dit wees? Moenie bang wees om te vra nie – God sal die beste antwoord gee.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: "Gaan doen dieselfde as wat Ek gedoen het."

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/