Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van DissipelsVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

DAG 4 VAN 9

Dissipelskap en dissipelmaking in Handelinge 2

Jesus het vir die apostels gesê: "Gaan maak dissipels." Hoe het hulle dit gedoen?

Lees Handelinge 2:37-47. Dit beskryf wat gebeur het na die uitstorting van die Heilige Gees.

1. Daar is gepreek: Handelinge 2:37-38; 41.

2. Daar was onderrig: Handelinge 2:42 – Hulle het hulle toegewy aan die leer van die apostels.

3. Die gelowiges het gereeld as 'n gemeenskap saamgekom: Handelinge 2:42 – die onderlinge verbondenheid (gemeenskap).

4. Die gelowiges het hul maaltye saamgeëet: Handelinge 2:42 en 46 – die breek van brood, breek brood van huis tot huis, deel hulle maaltye met blydskap en opregtheid van hart.

5. Die gelowiges het saam gebid: Handelinge 2:42b – "en die gebede".

6. Daar is tekens en wonders gedoen: Handelinge 2:43 – "Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul."

7. Hulle was vrygewig: Handelinge 2:45 – "Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte."

Indien jy sê dat jy 'n volgeling van Jesus is, tot watter mate is jy betrokke by die verspreiding van die evangelie? Hoe is jy betrokke by die maak van dissipels? Jesus was duidelik daaroor dat ons dissipels moet gaan maak! Die evangelie is meer as net om te evangeliseer. Ons moet beide doen – evangeliseer en ons “hande gebruik” om mense met die liefde van die Here Jesus te bedien.

Belangrik: Bid vir geleenthede om jou getuienis en die evangelie met mense te deel. Bid vir ten minste een geestelike gesprek hierdie week. Een manier om ‘n aanknopingspunt te kry is om vir iemand te vra of hulle al ooit ‘n antwoord op gebed beleef het.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels

Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: "Gaan doen dieselfde as wat Ek gedoen het."

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/