Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van DissipelsVoorbeeld
Die Groot Ongehoorsaamheid: Om nié dissipels en dissipelmakers te wees nie en nie dissipels van die nasies te maak nie
“'Vrede vir julle!' sê Hy weer vir hulle. 'Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook'” (Johannes 20:21).
"As ek die evangelie verkondig, is dit nie vir my ’n rede om te roem nie. Ek verkondig die evangelie omdat ek móét! En wee my as ek dit nie doen nie!" (1 Korintiërs 9:16).
'n Duidelike verantwoordelikheid van die kerk wat verwaarloos word, is om oor taal- en kultuurgrense heen dissipels van alle nasies te maak. Ons is besig om "dissipelskap" te bestuur deur ons enge begrip hoe om "dissipels te maak". Ons het ongelukkig die sendingopdrag “mak” gemaak! Ons moet alle nasies in ons dissipelskap inbring – die evangelie is nié net "my gemeente" nie.
Die grootste verwaarlosing en probleem van die kerk is nie die versuim om dissipels van nuwe bekeerlinge te maak nie, maar om elke dissipel te help om 'n dissipelmaker te word; en om dissipels van alle nasies te maak. Tensy die kerk hierdie saak suksesvol hanteer, sal die kerk swak en ondoeltreffend bly en toenemend irrelevant raak.
Ons kan nie ál die probleme oplos deur as dissipels op te tree en dissipelmakers te wees nie. Tensy ons egter dissipels en dissipelmakers word, sal ons nie die ander dinge wat die kerk verswak, kan regmaak nie. Ons sal ook nie dissipels van al die nasies kan maak nie, want as ons nie genoeg dissipels en dissipelmakers het nie, sal ons nie genoeg werkers hê om van al die nasies dissipels en dissipelmakers te maak nie.
Die meeste Christenleiers sal saamstem dat dissipelskap van uiterste belang is. Hoewel daar dus 'n bewustheid is hoe belangrik dit is, vind byna geen doelbewuste poging plaas om dissipels van nuwe bekeerlinge en kerklidmate te maak nie. Dit sluit nie eens in om dissipels te maak, wat op hulle beurt dissipels kan maak nie. Vir verreweg die meerderheid is die konsep om dissipels van alle nasies te maak nie eens op die "agenda" nie.
Aangaande hierdie leesplan
Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: "Gaan doen dieselfde as wat Ek gedoen het."
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/