Waarom antwoord God nie my gebed nie?Voorbeeld

Waarom antwoord God nie my gebed nie?

DAG 4 VAN 7

Nr. 7 — Ons moet volhardend bid

Jesus het ons geleer om altyd aan te hou bid sonder om moedeloos te word. Volhard totdat die antwoord kom (Lukas 18:1-8). Jesus en Paulus leer ons om te volhard in gebed. Hoe lank? Totdat die antwoord kom. In Lukas 18:1 het Jesus ‘n gelykenis vertel om vir mense te sê hulle moet aanhou met bid tótdat die antwoord kom. Ons bid soms vir vyf minute en kry nie antwoorde nie, en dan dink ons God antwoord nie gebed nie.

Soms kan dit dae, weke, maande of selfs jare neem. George Müller het vir vyf van sy vriende gebid. Na ses jaar het die eerste een tot bekering gekom. Na 11 jaar die tweede en na 26 jaar die derde een. Die vierde een het na 51 jaar, by Müller se begrafnis, tot bekering gekom en die laaste een ongeveer ‘n jaar na sy dood.

Nr. 8 — Vleeslike gebede

Soms bid ons vleeslike gebede (Jakobus 4:2-3). Ons bid vir ons eie voordeel. So dikwels bid mense byvoorbeeld vir sukses, en te veel kere gaan dit oor hulle eie eer. Iemand kan bid dat hy of sy eerste sal staan in die klas of die eerste span sal haal “sodat dit eer vir die Here sal bring”. Dit is ongelukkig selde die geval.

Ongeag wat ons vra, moet dit altyd tot die eer van God wees, tot groter heiligmaking lei, en ons in ’n dieper verhouding met Jesus bring. Niks mag vir ons belangriker as God self wees nie. God stel eerstens belang in ’n persoonlike verhouding met Hom. Ons kan soms so ernstig wees met dit wat ons vra, maar sien nie altyd hoe korrup ons eie harte is nie. Ons dink soms ons is nog met God besig, maar dan gaan dit eintlik al lankal oor onsself.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Waarom antwoord God nie my gebed nie?

Baie mense wonder waarom hulle nie antwoorde kry wanneer hulle bid nie. Hierdie leesplan gee 'n aantal redes wat jou kan help.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/