Waarom antwoord God nie my gebed nie?Voorbeeld
Nr. 2 — Die karakter van God
Wanneer jy verward is, nie verstaan nie, nie weet wat aangaan nie, nie weet hoekom God nie antwoord nie, is die heel belangrikste ding wat jy kan doen, om op die karakter van God te fokus. Fokus op sy karakter, bestudeer sy karakter, leer wie Hy is. Vra die Heilige Gees om deur die Woord, God se karakter vir jou te wys.
Lees byvoorbeeld die Psalms. Ons leer so baie uit die Psalms wie God is. Neem ‘n konkordansie en soek ‘n woord soos “genade” of “geregtigheid” en kyk wat die Woord oor God se genade en geregtigheid sê. Doen dieselfde met woorde soos liefde, goedheid, barmhartigheid, ens.
Glo die Woord van God eerder as jou eie gevoelens en vrae van vertwyfeling. Soms kan jou omstandighede jou magteloos laat voel en jou verward en verbitterd maak. Soms beleef jy uiters traumatiese situasies en is daar net geen antwoorde nie. In sulke tye is dit nie die logiese antwoorde wat ons help nie, maar wíe God ís! God, sy karakter en optrede, verander nooit nie (Numeri 23:19; Hebreërs 13:8).
Nr. 3 — Positiewe of "ja" antwoorde is nie altyd die beste nie
God is soms genadig om ons nie te antwoord nie. Positiewe of "ja" antwoord is nie altyd die beste nie. By geleentheid het God vir Israel gegee wat hulle gevra het, maar dit was tot hulle nadeel!: "Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar hulle van siekte laat wegteer" (Psalm 106:15). Die volk was so behep met hulleself dat hulle nie na God se raad en wysheid wou luister nie, nie sy wil gesoek het nie en Hom nie geëer het nie. God het uiteindelik vir hulle "ja" gesê, maar dit was tot hulle eie nadeel.
Aangaande hierdie leesplan
Baie mense wonder waarom hulle nie antwoorde kry wanneer hulle bid nie. Hierdie leesplan gee 'n aantal redes wat jou kan help.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/