Waarom antwoord God nie my gebed nie?Voorbeeld

Waarom antwoord God nie my gebed nie?

DAG 1 VAN 7

Waarom antwoord God nie my gebed nie

Daar is bykans niemand wat ek teëgekom het, wat nie op een of ander stadium die vraag vra: Waarom antwoord God nie my gebed nie? Waarom kry ek nie ’n antwoord op my gebed nie? Is God vir my kwaad, is ek nie goed genoeg nie, glo ek nie “met genoeg oorgawe” nie?

Sommige Christene probeer om God te verdedig wanneer mense vrae oor God se optrede vra. Moenie probeer om God te speel en te dink jy kan op alle vrae antwoorde gee nie. Moenie probeer om slim te wees nie. Net God weet alles. God kán vir Homself praat. Die Heilige Gees is God se advokaat. Die Heilige Gees self openbaar die wil van God aan ons.

Oor die loop van die volgende paar dae bespreek ek ‘n aantal redes waarom God oënskynlik soms nie ons gebede beantwoord nie.

Nr. 1 — Verskil tussen ons en God se verantwoordelikhede

Dit is belangrik om te verstaan dat dit ons “verantwoordelikheid” is om te bid, en God se “verantwoordelikheid” om te antwoord. So dikwels wil ons bid én die antwoord gee. Waarom vra ons dan vir die Here om te help en om te verstaan wat sy wil is? God het ’n wil en sy wil is volmaak. Hy is almagtig en weet wat Hy doen. As God nie ook mag “nee” sê nie, wat is die doel van gebed en watter soort God het ons dat ons Hom moet vertel wat Hy moet doen?

Jesus leer ons om te bid: “Laat u wil geskied”. As ons dit op die regte manier bid, is dit ’n teken van geloof en nie ongeloof nie. Soms sê mense as ons “Laat u wil geskied” bid, is dit ‘n teken van ongeloof! Was dit uit ongeloof dat Jesus ons leer bid het: “Laat u wil geskied”? Ander sê ons moet net een keer vra, anders is dit ongeloof. Paulus het drie keer gebid voordat God hom geantwoord het en God het nogtans “nee” gesê. Jesus het in Getsemane drie maal gaan bid, tog het God vir Hom “nee” gesê. Dit was nie as gevolg van hulle ongeloof nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Waarom antwoord God nie my gebed nie?

Baie mense wonder waarom hulle nie antwoorde kry wanneer hulle bid nie. Hierdie leesplan gee 'n aantal redes wat jou kan help.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/