Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 142 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor Filippense

Wie het die boek Filippense geskryf?

Volgens Christelike tradisie het die apostel Paulus Filippense geskryf.

Aan wie is die boek Filippense geskryf?

Hierdie brief is geskryf aan die kerk in Filippi, wat Paulus in Handelinge 16 help stig het.

Konteks

Die gebeure wat in Filippense beskryf word, vind in die stad Filippi plaas. Filippense is waarskynlik geskryf terwyl Paulus tussen 60 en 64 n.C. in Rome in aanhouding was. Die gemeente in Filippi het 'n geskenk deur die hand van Epafroditus na Paulus in Rome gestuur (Filippense 4:10,18). Paulus gebruik hierdie geleentheid nie net om hulle te bedank nie, maar om hulle te vertroos oor sy situasie as 'n gevangene vir Jesus Christus (Filippense 1:12-14). Hy skryf ook van sy planne om Timoteus binnekort te stuur (Filippense 2:19-24) en waarom hy dit nodig geag het om Epafroditus na hulle toe terug te stuur (Filippense 2:25-30).

Literêre Styl

Die boek Filippense is 'n brief wat geskryf is aan die kerke in Filippi.

Hooftemas

  1. Die weerspieëling van Jesus deur nederige diens
  2. Die hoop van die opgestane lewe
  3. God se gawe van vrede in moeilike omstandighede

Struktuur

Filippense het vyf gedeeltes. Hoofstuk 1:1-26 vertel van Paulus se dankbaarheid. Hoofstukke 1:27-2:18 fokus daarop om die lewe van Jesus na te leef. Hoofstuk 2:19-30 ondersoek hóé Jesus se lewe deur ons eie weerspieël kan word. Hoofstukke 3:1-4:1 beskryf Paul se lewe as 'n voorbeeld van Jesus s'n en Hoofstuk 4:2-23 wys na Jesus se nederigheid.

Dag 141Dag 143

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv