Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.
_________________
Agtergrond oor die boek Efesiërs
Wie het die boek Efesiërs geskryf?
Christelike tradisie meen dat die apostel Paulus die boek Efesiërs geskryf het.
Vir wie is die boek Efesiërs geskryf?
Dit blyk dat hierdie brief nie net vir die gemeentes in Efese bedoel was nie, maar al die kerke in die omliggende streek. Die brief ontbreek aan enige spesifieke vermanings of persoonlike groete. Dit is egter sonder twyfel bedoel vir "die heiliges ... die gelowiges in Christus Jesus" (Efesiërs 1:1 AFR20).
Konteks
Die gebeure wat in Efesiërs beskryf word, vind plaas in die stad Efese. Efesiërs is waarskynlik geskryf terwyl Paulus tussen 60 en 64 n.C. in Rome in aanhouding was. Anders as ander briewe wat aan spesifieke kerke geskryf is, handel hierdie sendbrief nie oor spesifieke probleme in 'n plaaslike gemeente nie. In plaas daarvan het Paulus groot temas aangespreek wat betrekking het op die Christen se posisie in Christus as lid van die liggaam van Christus, die kerk.
Literêre Styl
Die boek Efesiërs is as 'n vertelling geskryf met sommige gedeeltes wat gesprekvoering behels.
Hooftemas
- Die vrygewige gawe van God
- Hoe om te leef op 'n manier wat God se gawe waardig is
- Om sterk te staan in die aangesig van geestelike boosheid
Struktuur
Efesiërs kan in twee dele verdeel word. Hoofstukke 1-3 stel God se oordadige genade en Goddelike doel vir die nuwe mensdom bekend. Hoofstukke 4-6 spoor lesers aan om volgens God se gawe te lewe en bied 'n uitdaging tot eenheid in die nuwe mensdom.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More