Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld
Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.
_________________
Agtergrond oor die boek Galasiërs
Wie het die boek Galasiërs geskryf?
Christelike tradisie is van mening dat die apostel Paulus die boek Galasiërs geskryf het.
Vir wie is die boek Galasiërs geskryf?
Galasiërs is geskryf aan die kerke wat Paulus en Barnabas in die Romeinse provinsie Galasië gestig het (Handelinge 13:14-14:23).
Konteks
Die gebeure wat in Galasiërs beskryf word, vind plaas in die Romeinse provinsie genaamd Galasië. Hierdie brief is waarskynlik saamgestel tussen 47 en 50 n.C. Kort nadat die kerk begin het, het sommige Joodse Christene begin leer dat nie-Joodse Christene besny moes word en die wet van Moses moes onderhou (soortgelyk aan wat by Antiogië in Sirië gebeur het, vgl. Handelinge 15:1). In 'n poging om die Galasiërs te oorreed, blyk dit dat die taktiek was om Paulus se gesag as 'n apostel te ondermyn, sy konsep van die evangelie van Christus uit te daag en sy leerstelling daarvan te beskuldig dat dit lei tot 'n losbandige lewe. Hierdie brief is geskryf as 'n verdediging van Paulus se apostelskap en 'n weerlegging van die valse evangelie wat verkondig is.
Literêre Styl
Die boek Galasiërs is 'n brief wat as 'n vertelling aan die kerke in Galasië geskryf is.
Hooftemas
- Eenheid van God se verbondsvolk
- Jesus as vervulling van die wet
- Nuwe skepping deur die krag van die Gees
Struktuur
Galasiërs kan in drie dele verdeel word. Hoofstukke 1-2 begin met God se familie deur Jesus. Hoofstukke 3-4 spreek God se familie aan as divers en verenig in die Gees. Hoofstukke 5-6 is 'n herinnering aan die nuwe skepping en die krag van die Gees.
_________________
Agtergrond oor die boek Efesiërs
Wie het die boek Efesiërs geskryf?
Christelike tradisie meen dat die apostel Paulus die boek Efesiërs geskryf het.
Vir wie is die boek Efesiërs geskryf?
Dit blyk dat hierdie brief nie net vir die gemeentes in Efese bedoel was nie, maar al die kerke in die omliggende streek. Die brief ontbreek aan enige spesifieke vermanings of persoonlike groete. Dit is egter sonder twyfel bedoel vir "die heiliges ... die gelowiges in Christus Jesus" (Efesiërs 1:1 AFR20).
Konteks
Die gebeure wat in Efesiërs beskryf word, vind plaas in die stad Efese. Efesiërs is waarskynlik geskryf terwyl Paulus tussen 60 en 64 n.C. in Rome in aanhouding was. Anders as ander briewe wat aan spesifieke kerke geskryf is, handel hierdie sendbrief nie oor spesifieke probleme in 'n plaaslike gemeente nie. In plaas daarvan het Paulus groot temas aangespreek wat betrekking het op die Christen se posisie in Christus as lid van die liggaam van Christus, die kerk.
Literêre Styl
Die boek Efesiërs is as 'n vertelling geskryf met sommige gedeeltes wat gesprekvoering behels.
Hooftemas
- Die vrygewige gawe van God
- Hoe om te leef op 'n manier wat God se gawe waardig is
- Om sterk te staan in die aangesig van geestelike boosheid
Struktuur
Efesiërs kan in twee dele verdeel word. Hoofstukke 1-3 stel God se oordadige genade en Goddelike doel vir die nuwe mensdom bekend. Hoofstukke 4-6 spoor lesers aan om volgens God se gawe te lewe en bied 'n uitdaging tot eenheid in die nuwe mensdom.
Aangaande hierdie leesplan
Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More