Die Beloofde MessiasVoorbeeld
Memoriseervers:
"Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! Job 19:25"
Uitdaging vir die week:
Terwyl dit die geboorte van Jesus is wat ons met Kersfees vier, kan ons nie sy geboorte skei van dít wat Hy kom doen het nie. Hy het ‘n volkome, sondelose lewe gelei en toe het Hy Homself geoffer om vir ons sondes te betaal. Jesaja 53 praat oor die Lydende Dienaar. Lees Markus 10:45. Wat was Jesus se doel om aarde toe te kom? Hoe stem die woorde van Jesaja ooreen met hoe Jesus vir ons gely het?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com