Die geboorte van Christus was dan soVoorbeeld

Die geboorte van Christus was dan so

DAG 4 VAN 5

Die hoop op God se getrouheid

Tydens die tydperk van Advent word die waarheid van God se getrouheid benadruk. Deur die geskiedenis heen is God getrou aan sy beloftes. Ons word herinner dat God die uiteindelike bron van hoop is, en selfs in tye van moeilikheid, onsekerheid en groot ellende kan ons op sy getrouheid reken (2 Timoteus 2:13). Vriende, wat 'n heerlike waarheid — God is self die waarborg van sy getrouheid. Gedurende Advent onthou ons dat God nie 'n feilbare mens is nie en dat ons geensins 'n rede tot enige twyfel oor sy getrouheid hoef te hê nie (Numeri 23:19). Met elke Advent bemoedig ons mekaar met die waarheid dat God sal doen wat Hy gesê het Hy sal doen, want Hy is getrou. Wanneer iemand gunstig reageer op die goeie nuus aangaande Christus en Hom as persoonlike Saligmaker en Verlosser aanneem (Johannes 1:12) — kan sodanige persoon vir seker reken op saligheid (1 Johannes 5:13) vanweë die hoop op God se getrouheid. Die hoop op God se getrouheid is dus altyd met goeie gevolg. Christus het nie tevergeefs gesterf nie, en mense het nie nodig om verlore te gaan nie — dit is die hoop wat ons op God se getrouheid het.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die geboorte van Christus was dan so

Die geboorte van Christus is 'n verhaal wat ons verbeelding aangryp en ons met hoop besiel. Dit is die verhaal van die onweerlegbare bewys dat God met liefde en sorg in gewone mense soos ons se lewens betrokke raak om vir ons 'n bron van hoop te wees. Hierdie 5-dag leesplan begelei jou om oor hoop na te dink soos dit in Advent aan die lig kom.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/