Die geboorte van Christus was dan soVoorbeeld
Die hoop van vervulde profesieë
Advent is gewortel in die profetiese beloftes van die Ou Testament. Hierdie profesieë het die koms van 'n Messias voorspel wat verlossing na die wêreld sou bring, en was waarlik 'n profetiese boodskap van hoop. Die profesieë aangaande die geboorte van Christus het die plek waar Hy gebore sou word aangedui (Miga 5:1), asook die misterie van sy maagdelike geboorte en een van die name wat aan Christus gegee moes word, naamlik: Immanuel, wat "God by ons" beteken (Jesaja 7:14). Die geboorte van Christus in Betlehem spreek onweerlegbaar van die hoop van vervulde profesieë (Matteus 1:18-25; Lukas 2:1-7) en is die gebiedende bewys van God se liefde en toegeneentheid teenoor die ganse mensdom. Wanneer ons nadink oor die vervulling van die profesieë aangaande die geboorte van Christus besef ons opnuut dat God 'n waarmaker van sy Woord is. Hierdie vervulde profesieë bewerkstellig ook 'n vreugdevolle hoop ten opsigte van die profetiese verwagting van Jesus Christus se wederkoms.
Aangaande hierdie leesplan
Die geboorte van Christus is 'n verhaal wat ons verbeelding aangryp en ons met hoop besiel. Dit is die verhaal van die onweerlegbare bewys dat God met liefde en sorg in gewone mense soos ons se lewens betrokke raak om vir ons 'n bron van hoop te wees. Hierdie 5-dag leesplan begelei jou om oor hoop na te dink soos dit in Advent aan die lig kom.
More
Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/