Die geboorte van Christus was dan soVoorbeeld

Advent roep ons tot hoopvolle nadenke
Advent begin op die vierde Sondag voor Kersfees en duur tot en met Oukersaand (24 Desember). Gedurende hierdie feestelike tydperk word ons tot dieper nadenke begelei. Ons beskou Advent as 'n geestelike en innerlike reis wat ons met hoop besiel. Dit is 'n hoop wat stewig gegrondves is in die beloftes van God, die persoon en werk van Jesus Christus, die genadige beskikbaarheid van verlossing en die vooruitsig van 'n beter toekoms. Die kosbare verhaal van die geboorte van Christus laat ons opnuut waardering kry vir die getrouheid en groot genade van God. Advent is 'n tydperk van geestelike introspeksie, want ons dink intensioneel aan die wonder van Christus se geboorte en hoe dit ons lewens raak. Daarom is Advent 'n seisoen wat gelowiges aanmoedig om met blydskap nabetragting oor die verlede te doen, met verwagting na die toekoms uit te sien terwyl ons elke dag met hoop aanpak. Gedurende Advent leer ons opnuut dat Jesus Christus die inhoud van die hoop is waarmee die Christen-geloofsgemeenskap besiel word.
Aangaande hierdie leesplan

Die geboorte van Christus is 'n verhaal wat ons verbeelding aangryp en ons met hoop besiel. Dit is die verhaal van die onweerlegbare bewys dat God met liefde en sorg in gewone mense soos ons se lewens betrokke raak om vir ons 'n bron van hoop te wees. Hierdie 5-dag leesplan begelei jou om oor hoop na te dink soos dit in Advent aan die lig kom.
More
Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/
Verwante Leesplanne

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

Staan weer op

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
