Die geboorte van Christus was dan soVoorbeeld
Die hoop op verlossing
Die boodskap van die geboorte van Christus is nie bloot net 'n geskiedkundige gebeurtenis nie. Die boodskap van Jesus se geboorte is ook die boodskap van die hoop op verlossing wat steeds in ons dag beskikbaar is. Daarom is Advent spesifiek 'n tyd wanneer ons nadink oor die hoop op verlossing wat in Jesus aangebied word. Die hoop op verlossing word gebaseer op die vergifnis van ons sondes wat Jesus Christus bewerkstellig het sodat ons die ewige lewe deelagtig kan word (Efesiërs 1:7). Sy geboorte, lewe, onderrig, kruisiging en opstanding is die kern van die Christelike geloof, en bevat as sodanig die ganse boodskap van hoop op verlossing en versoening met God. Wanneer ons gedurende hierdie feesseisoen en enige ander tyd nabetragting oor die geboorte van Jesus Christus doen, kan ons nie anders nie as om in aanbidding te buig en eer aan God in die hoogste hemele te bring — soos die engelekoor dit ook gesing het (Lukas 2:14). Dit is hierdie hoop op verlossing wat ons ook herinner aan die vreugde wat daar voor die engele van God is oor die bekering van een sondaar (Lukas 15:7, 10).
Aangaande hierdie leesplan
Die geboorte van Christus is 'n verhaal wat ons verbeelding aangryp en ons met hoop besiel. Dit is die verhaal van die onweerlegbare bewys dat God met liefde en sorg in gewone mense soos ons se lewens betrokke raak om vir ons 'n bron van hoop te wees. Hierdie 5-dag leesplan begelei jou om oor hoop na te dink soos dit in Advent aan die lig kom.
More
Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/