Ervaar God as 'n VriendVoorbeeld

Experiencing Friendship With God

DAG 4 VAN 5

Vriendskap Voor Volmaaktheid

Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid, en selfbeheersing — alles deel van die vrug van die Gees waarna ons almal strewe. Ons probeer dit deur ons eie welwillendheid en selfdissipline optower. Nietemin, volgens Galasiërs 5:22-23 is dit die Heilige Gees wat die vrug voortbring, terwyl dit ons verantwoordelikheid is om stap vir stap saam met Hom te lewe. "Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal" (Galasiërs 5:25).

Ware geestelike vernuwing begin met opregte vriendskap. Dit gaan nie oor wie jy word of wat jy bereik nie. Dit beteken eenvoudig om met die Heilige Gees vervul te wees.

Soos die vriendskap groei, begin jy om meer van Hom te leer ken as net dit wat Hy goedkeur en afkeur. Jy begin sy hart verstaan. Jy weet wat Hom bedroef en seermaak. Jy begin sy sienswyse begryp en dinge vanuit sy oogpunt sien. Jou begeerte om te verander, is nie meer 'n vrug van verpligting of skaamte nie, maar eerder van liefde.

Dit is nie nodig om na volmaaktheid te strewe nie. Inteendeel, jy kan daarop konsentreer om net hierdie huidige oomblik met God deur te bring. Sodra hierdie oomblik verby is, konsentreer jy op die volgende een.

Met elke besluit luister jy na sy raad. Tydens elke verlies treur jy saam met die alomteenwoordige Helper. Wanneer jy misluk, berou jy dit en vertrou die Advokaat. Elke oomblik is 'n geleentheid vir 'n interaksie van die een of ander aard, want Hy is beskikbaar, toeganklik en vriendelik.

Dit is onnodig om alles te oordink wat jy moet doen. Konsentreer eerder op sy leiding vir wat jy nou dadelik moet doen. Selfs wanneer dit onmoontlik voel om 'n taak uit te voer, haal asem en smeek Hom om bonatuurlike krag. Die toename van hierdie oomblikke bring die vrug van die Gees voort. Wanneer jy dit oomblik vir oomblik en stap vir stap neem, sal Hy jou karakter en hart omvorm.

Op watter maniere het jy na die Christelike lewe gekyk as 'n kruistog van persoonlike sukses? Hoe sou dit dinge verander om eerder na geestelike groei as 'n uitvloeisel van die lewe in 'n verhouding met God te kyk?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Experiencing Friendship With God

Beleef jy 'n woestyntydperk, vind jy geen water of oase vir jou siel nie? Wat as hierdie tydperk die grootste hoop van almal inhou: om God se teenwoordigheid intiem, eg en passievol te ervaar? Hierdie leesplan moedig jou aan dat hierdie tyd nie vermors word nie, al voel jy party dae asof jy nêrens heen gaan nie. Dit maak nie saak watter terrein jy betree nie, God reis saam met jou as 'n trooster, lewegewer en vriend.

More

Ons wil graag WaterBrook Multnomah vir hierdie leesplan bedank. Vir meer besonderhede, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/726243/experiencing-friendship-with-god-by-faith-eury-cho/