Ervaar God as 'n VriendVoorbeeld
'n Tweede Kans op Vriendskap
Dit was altyd die bedoeling dat ons vanuit 'n vriendskap met God funksioneer.
Aan die begin van ons bestaan, is 'n opdrag aan Adam en Eva toevertrou. In Genesis 1:28 staan daar: "Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: 'Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.'" Vir iemand wat onlangs eers begin asemhaal het, was hierdie nie 'n klein opdraggie nie!
Tog het Adam en Eva vrye toegang tot God gehad — dit was glad nie vreemd om Hom te hoor wandel in die tuin as die aandbries begin waai nie (Genesis 3:8). Hierdie direkte toegang was die put waaruit Adam en Eva hulle inspirasie en krag geput het om die tuin uit te brei en te groei in hul heerskappy oor die skepping.
Ongelukkig het Adam en Eva die perfekte verbondenheid aan die Vader verbreek. Sedertdien leef ons in 'n gebroke wêreld waar die mensdom steeds probeer om hul tuine uit te brei — maar sonder die teenwoordigheid van God.
Gelukkig is ons bestemming om groot dinge in vriendskap met God te vermag nie vir altyd verlore nie. Duisende jare na die tuingebeure, het Jesus 'n ander verbond met sy vriende gesluit met hierdie woorde: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld" (Matteus 28:19-20).
Hier is 'n ander opdrag om vrug te dra, 'n ander verbond om sy liefde en heerlikheid oor die aarde heen te verkondig! Dit is in werklikheid 'n geleentheid om weer die tuin te vergroot, maar hierdie keer met verbondenheid aan Hom wat nie verbreek kan word deur ons swakhede en mislukkings nie.
Hy bied aan ons die enigste waarborg wat werklik saak maak: Hy is by ons.
Hy bied sy teenwoordigheid.
Wanneer het jy God se teenwoordigheid gevoel? Hoe het dit jou beïnvloed?
dag_2Aangaande hierdie leesplan
Beleef jy 'n woestyn tydperk, vind jy geen water of oase vir jou siel nie? Wat as hierdie tydperk die grootste hoop van almal inhou: om God se teenwoordigheid intiem, eg en passievol te ervaar? Hierdie leesplan moedig jou aan dat hierdie tyd nie gemors moet word nie, al voel jy party dae asof jy nêrens heen gaan nie. Dit maak nie saak op watter terrein jy trap nie, God reis saam met jou as trooster, lewegewer en vriend.
More