Ervaar God as 'n VriendVoorbeeld

Die Woestyn van die Siel
Van vandag af tot eendag in die hemel sal die harde werklikheid van die lewe die redes uitdaag waarom jy in God glo. Jy sal mislukking ervaar, soms sal ander mense jou teleurstel. Jou planne sal misluk. Deure sal toegaan, sonder enige aanduiding dat 'n ander een sal oopgaan. Omstandighede sal net nie in jou guns tel nie, en party mense mag dalk nooit verander nie. Dalk is jy in afwagting, dalk ervaar jy verdrukking. Indien dit jou realiteit is en dit duur vir 'n baie lang tydperk, mag jy dalk ontnugter en kleingelowig word.
Dit is die woestyn van die siel.
Met die uittog uit Egipte, was die Sinaiwoestyn vir die Israeliete nie 'n skouspelagtige, lowergroen staproete met 'n sonsondergang wat mens op die internet kon vasvang nie. Nee, die woestyn was 'n aaklige wildernis met 'n skraal kans op oorlewing. Dit was 'n onvriendelike omgewing met uitmergelende hitte en verlate terrein. Dit sal moeilik wees om daar drome te koester en selfs veel moeiliker om 'n doel te vind.
Die woestyn van die siel verskil nie hiervan nie. Wanneer jy daarin is, reis jy deur 'n terrein van moedeloosheid. Wanneer jy jouself as 'n swerwer bevind, is daar min mense, indien enige, wat ten volle jou reis verstaan. Jy sal pyn beter as vooruitgang ken, verwardheid beter as insig.
Daar word beweer dat pyn 'n mens versterk, maar dit is 'n sinnelose stelling vir iemand wat rondswerf en ontneem is van sy kragte. Iemand kan van nature sterk wees, maar in die woestyn ontmoet 'n mens 'n kommerwekkende onsekerheid. Wat dit erger maak, is dat jy nie weet wanneer dit gaan eindig nie.
Geliefde swerwer, wat as die uiteindelike doel van die woestyn nie is om jou te verbeter of jou iewers te kry nie? Alhoewel heiligmaking inderdaad 'n bybedoeling van die swerftog deur die woestyn kan wees, is die pyn gedurende die swerftog nie slegs die wrede doel tot die einde nie. Die doel van die woestyn is eerder om die teenwoordigheid van God te ken — en as beloning 'n intieme, geloofwaardige en passievolle vriendskap met Hom te ervaar.
In Eksodus staan geskryf: "Die Here het direk met Moses gepraat soos 'n man met sy vriend ..." (Eksodus 33:11a). Wat sal dit vir jou beteken om te voel dat God jou vriend is?
Aangaande hierdie leesplan

Beleef jy 'n woestyntydperk, vind jy geen water of oase vir jou siel nie? Wat as hierdie tydperk die grootste hoop van almal inhou: om God se teenwoordigheid intiem, eg en passievol te ervaar? Hierdie leesplan moedig jou aan dat hierdie tyd nie vermors word nie, al voel jy party dae asof jy nêrens heen gaan nie. Dit maak nie saak watter terrein jy betree nie, God reis saam met jou as 'n trooster, lewegewer en vriend.
More
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Staan weer op
