Ervaar God as 'n VriendVoorbeeld

Murmureer in die Woestyn
Hoewel God sigbaar was tydens die plae wat Egipte geskok en hul boeie van slawerny verbreek het, het die Israeliete met die uittog uit Egipte nie God se teenwoordigheid op dieselfde manier as Moses ervaar nie. Wanneer dinge sleg begin gaan het, het hulle gekla en gemurmureer. Hulle het gekla: "As ons maar liewer in Egipte omgekom het deur die hand van die Here terwyl ons by die vleispotte kon sit ..." (Eksodus 16:3). (Lees ook Eksodus 14:11-12 en Eksodus 17:3.)
Alhoewel Israel swak en ondankbaar voorkom, vind ons aanklank by hul bittere klagtes. Wanneer die lewe swaar en moeilik word, kan ons siele dalk sê: "Vader, as U my nie uit hierdie situasie gaan neem nie, sal ek myself daaruit kry." Dit is dán wanneer ons begin om die Heilige Gees te ignoreer en op ons eie intuïsie te steun. Wanneer die gemor tot aksie oorgaan, kweek ons 'n geestelike onafhanklikheid van die teenwoordigheid van God, wat tot afhanklikheid van ander dinge en mense lei.
Dit is makliker om te rebelleer as om erkenning aan God te gee, om met ons ontevredenheid en ongeloof te stoei as om na sy teenwoordigheid te draai. Vriend van God, vandag kan jy 'n heilige ruiltransaksie doen. Jy kan die gemurmureer vir vriendskap verruil.
Terwyl jy worstel met die murmurering, bepeins die volgende waarheid:
1. Hy is met jou. "Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar" (Psalm 139:7-8).
2. Hy weet wat Hy doen. "Soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes" (Jesaja 55:9).
Voordat 'n verdere halfuur afgestaan word aan opgehoopte bitterheid, bekommernis oor uitslae, of nuttelose tye op sosiale media om van jou probleme te ontvlug, probeer hierdie twee Bybelverse lees en oordink hul waarheid vir 'n rukkie. Bepeinsing oor die werklikheid van God verbind jou gedagtes, liggaam en siel, en laat toe dat jy in totaliteit by Jesus teenwoordig is.
Waaroor murmureer jy tans? Hoe verander jou insig oor jou probleme as jy op die teenwoordigheid van God konsentreer?
Aangaande hierdie leesplan

Beleef jy 'n woestyntydperk, vind jy geen water of oase vir jou siel nie? Wat as hierdie tydperk die grootste hoop van almal inhou: om God se teenwoordigheid intiem, eg en passievol te ervaar? Hierdie leesplan moedig jou aan dat hierdie tyd nie vermors word nie, al voel jy party dae asof jy nêrens heen gaan nie. Dit maak nie saak watter terrein jy betree nie, God reis saam met jou as 'n trooster, lewegewer en vriend.
More
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Staan weer op
