Leesplan inligting

Na God se Eie HartVoorbeeld

After God's Own Heart

DAG 4 VAN 5

SONDE EN BEROU


Terwyl ek nog leer bestuur het, het my ma my eenkeer gevra om haar motor uit die motorhuis te trek sodat ons 'n paar takies kon gaan afhandel. Ek het haar sleutels geneem en die motor agteruit begin ry, maar in die proses het ek haar voorste buffer teen die muur geskraap. Ek het gedink sy sou woedend wees, dus het ek dadelik aan maniere gedink om dit weg te steek. Gelukkig het ek diep asemgehaal, en eerder besluit om haar net die waarheid te vertel. Sy my dadelik vergewe! Ek moes nog steeds die motor laat regmaak, maar al my vrees en angs het weggespoel toe ek besluit het om te bieg oor wat gebeur het.


Hier is 'n onbetwisbare waarheid: ons is almal sondaars. Elkeen van ons het een of ander tyd iets gedoen wat ons nie veronderstel was om te doen nie. Waarskynlik het elkeen van ons ook die oomblik beleef om op 'n reaksie te besluit nadat ons sonde gedoen het. Ons vra onsself beangs af: "Moet ek erken wat ek gedoen het, of moet ek probeer om dit weg te steek?" Ten diepste hoop ons almal dat ons sonde verborge kan bly, maar dit gebeur nooit werklik nie.


In 2 Samuel 11-12 het Dawid hierdie les op die harde manier geleer. Sy siklus van sonde het begin met sy besluit om nie saam met sy leër te gaan veg nie. Hy bly eerder in Jerusalem agter en pleeg dan egbreuk met Batseba, die vrou van sy lojale soldaat Uria. Wanneer hy uitvind Batseba is swanger, doen hy alles in sy vermoë om dit toe te smeer, en laat Uria uiteindelik op die slagveld doodmaak. Dawid het waarskynlik gedink dat hy sy sonde suksesvol weggesteek het, maar niks is vir God verborge nie. God stuur vir Natan om Dawid daaroor te konfronteer en Dawid bely uiteindelik sy sonde. Alhoewel hy steeds die gevolge van sy dade moes verduur, het Dawid besluit om God te loof en aanbid.


Dit is maklik om na Dawid se sonde te kyk en te dink "Ek het ten minste niks so erg gedoen nie." Ons weet egter dat alle sonde vernietigend is, en dit maak nie saak hoe groot of klein dit is nie. Ons wens ons sondes bly verborge, maar niks wat ons doen, sê of selfs dink, is vir God verborge nie. Tog, ten spyte van die feit dat Hy alles weet wat ons al ooit verkeerd gedoen het, begeer God om sy vergifnis in oorvloed aan ons te gee. Wanneer ons sondig het ons twee keuses: steek dit weg en laat ons skande en skuldgevoelens by ons spook totdat dit aan die lig gebring word, of bely dit voor God wat alles van ons weet en ons reeds vergewe het. Ek wonder hoeveel vreugde en vryheid ons almal sou ervaar, selfs vandag, as ons eenvoudig sou kies om in die lig te wandel.


VRA JOUSELF AF: Watter dinge wat jou kwel, steek jy weg? Hoeveel vryer sal jy voel as jy iemand vertel? Het jy al gebid en dit by God bely? Teenoor wie in jou lewe kan jy gereeld bieg en saam in die lig wandel?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

After God's Own Heart

Koning Dawid word in die Nuwe Testament beskryf as 'n man na God se hart, wat beteken dat hy sy eie hart met dié van God in pas gebring het. Terwyl ons Dawid se lewe bestudeer, is ons doelwit vir hierdie reeks om die din...

More

Ons wil Grace Bible Church vir die voorsiening van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.grace-bible.org/college

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid