Leesplan inligting

Na God se Eie HartVoorbeeld

After God's Own Heart

DAG 3 VAN 5

TEVREDENHEID EN GEDULD


Ek onthou 'n tyd teen die einde van my universiteitsjare toe ek myself begin afvra het: “Wat is God se wil vir my lewe?” veral watter werk ek moet doen, met watter soort persoon moet ek trou, en selfs waarheen ek volgende moet verhuis. Gedagtes en vrae oor die toekoms het my tot angs en spanning gedryf. Daar was soveel onbekende om te oorweeg en soveel foute wat gemaak kon word. Ek wou my lewe aan God toewy, maar ek het nie geweet wat God wil hê ek moet doen nie. Waarom sou God my nie bloot vertel en my dan aktief lei nie? Hoekom sou Hy komplikasies en probleme in my lewe toelaat?


Toe ek die verhaal van Dawid lees, het ek besef dat alhoewel Dawid se lewe baie anders as myne is, daar waarheid in steek wat ons ervarings verenig: God se wil vir ons lewe is nie so eenvoudig as wat ons dit graag sou wou hê nie. In 1 Samuel word Dawid deur God gekies om die toekomstige koning van Israel te wees, maar dit sou ongeveer 15 jaar duur voordat Dawid werklik die troon bestyg het. Gedurende hierdie tydperk was Dawid suksesvol in alles wat hy gedoen het, want God het sy pogings geseën. Dawid se sukses maak koning Saul egter jaloers en hierdie jaloesie ontwikkel geleidelik in groter vorme van geweld teenoor Dawid. Terwyl hy aanslae op sy lewe ontsnap en van Saul se leër af wegvlug, verduur Dawid die verwarring dat hy God se gesalfde as Israel se toekomstige koning is, terwyl hy voortdurend onder die huidige koning van Israel se aanvalle gebuk gaan.


Toe ek dit aanvanklik gelees het, het ek dit so interessant gevind dat Dawid se pad om koning te word so moeilik gelyk het. Ons voel geroep om groot dinge vir die Here te doen, maar onderweg daarnatoe kom ons voor struikelblokke te staan. Ons hoop om volgens sy wil te lewe, maar verstaan nie hoe dit inpas by al die moeilikhede, spanning en al die ander dinge wat in ons lewens aangaan nie.


In hierdie tydperke van verwarring, is dit belangrik om te vertrou dat God weet wat Hy doen. Die meeste van die moeilike situasies wat ons teëkom, is oomblikke waarin ons ons geloof en vertroue in Hom kan openbaar. Dit kan baie maande of jare neem om te verstaan wat God in jou lewe doen. In plaas daarvan om jou te bekommer oor wat volgende kom, moet jy eerder daarop fokus om jou tevredenheid in God te vind en waar Hy jou tans geplaas het. Hierdie fokus op die huidige oomblik help ons om gewortel te bly in die uitleef van die evangelie en om ander lief te hê. Kweek dan 'n gesindheid van vertroue waarin jy geduldig nastreef waarvoor God jou roep om nou en in die toekoms te doen, in die vertroue dat Hy 'n plan het. Wanneer ons dit doen, stel dit ons in staat om tydperke van moeilikhede te verduur en wys dit ons na groter hoop.


VRA JOUSELF AF: Wanneer ek probleme ondervind, vertrou ek God en sy plan vir my lewe dan werklik? Vind ek my tevredenheid in Hom, of soek ek vreugde en geluk in ander dinge?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

After God's Own Heart

Koning Dawid word in die Nuwe Testament beskryf as 'n man na God se hart, wat beteken dat hy sy eie hart met dié van God in pas gebring het. Terwyl ons Dawid se lewe bestudeer, is ons doelwit vir hierdie reeks om die din...

More

Ons wil Grace Bible Church vir die voorsiening van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.grace-bible.org/college

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid