Na God se Eie HartVoorbeeld
AKTIEWE AFHANKLIKHEID
Ek onthou 'n tyd as junior op hoërskool toe die lewe baie gejaagd was. Die eksamen was op hande, universiteitsaansoeke was in volle swang, en dit het gelyk of almal om my vinniger as ek beweeg het. Dit het my gespanne en angstig gemaak en het nie geweet hoe om dit te hanteer nie. Ek onthou hoe ek myself afgevra het: "Hoekom is ek so gespanne?" en "Hoekom voel dit asof alles teen my is?" Jesus belowe ons egter nie 'n lewe van luukse en voortdurende geluk nie. Trouens, Hy waarborg eintlik dat ons baie moeilikhede sal trotseer. Wat doen ons dus as gelowiges wanneer die lewe moeilik word?
Die verhaal van Dawid en Goliat is miskien een van die bekendste verhale in die Bybel. Dawid, 'n jong herderseun, kom voor 'n reus te staan wat hom moes verpletter het. Tog, teen alle verwagtinge in verower Dawid vir Goliat. Hoe het hy dit gedoen? As gevolg van sy aktiewe afhanklikheid van die Here. Dawid was kleiner en swakker as Goliat, maar hy het ten volle op die krag en mag van God vertrou om hom uit die situasie te red. Hy verklaar hierdie vertroue aan Goliat met die woorde: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap” 1 Samuel 17:45. Terwyl hy op God vir oorwinning vertrou, het hy die klip opgetel en sy slingervel gewerp.
God is goed. Hy gebruik eenvoudig die slegte tye om goeie dinge te doen. Romeine 11:36: “Uit hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen." God gebruik ons spanning en ons stryd tot ons eie beswil en tot sy eer. God gebruik ons swakhede en maak dit sterkpunte vir sy koninkryk. Selfs in die haglikste en moeilikste situasies is God ons voorsiener en bevryder, en as sodanig behoort ons des te meer van sy krag, wysheid en vrede afhanklik te wees.
Wat beteken dit dan vir ons? Paulus skryf in Filippense 4:6-7: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus." Gebruik vandag as 'n geleentheid om op die Here te vertrou en werk dan ywerig om die taak te verrig wat Hy aan jou toevertrou het.
VRA JOUSELF AF: Leef jy jou lewe as 'n weerspieëling van jou afhanklikheid van die Vader? Hoe het jy op jou eie krag staatgemaak, eerder as om jou probleme aan die Here toe te vertrou?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Koning Dawid word in die Nuwe Testament beskryf as 'n man na God se hart, wat beteken dat hy sy eie hart met dié van God in pas gebring het. Terwyl ons Dawid se lewe bestudeer, is ons doelwit vir hierdie reeks om die dinge wat Dawid in 1 en 2 Samuel gedoen het, te ontleed om ons harte in ooreenstemming met God se hart te bring om dieselfde intense fokus en gees te verteenwoordig wat Dawid deur sy hele lewe ten toon gestel het.
More