Uiters GeliefdVoorbeeld

Greatly Loved

DAG 5 VAN 5

Jy hoef nie so beswaard te lewe nie. Daar soveel meer wat God vir jou wil gee. God nooi elkeen van ons om Hom werklik te ken en om onsself te sien soos Hy ons sien. Hy wil hê ons moet minder ernstig en meer ontspanne lewe.

Sommige van ons het sonder om te dink deur die lewe gegaan — nie by God óf ons lewens betrokke nie. Ons voel dat ons lewens nie so waardevol soos ander s'n is nie; asof ons te anders of te veel dieselfde is. Ons voel onsigbaar en onbelangrik. Moenie die vyand se leuens glo nie.

Vir die een wat voel soos 'n nagedagte, 'n fout of tweede plek … Jy is meer as wat vir jou gesê is. God noem jou die uitverkorene (1 Tessalonisense 1:4).

Jy is nie per ongeluk hier omdat iemand afgedank is, iemand sy werk bedank het, iemand gesterf het of omdat iemand 'n fout gemaak het nie. Jy is nie hier omdat God met 'n massaproduksie van mense besig was en jy toevallig in hierdie generasie se besending beland het nie. Jy is gekies vir hierdie oomblik in tyd, net waar jy is, soos jy is, want die Skepper van die heelal het gesê dit is vir jou belangrik om hier te wees.

In 1 Korintiërs 12 het Paulus vir ons gesê dat ons almal lewensbelangrike dele van dieselfde liggaam is — die liggaam van Christus. Vers 18 sê: "Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê."

Dit beteken dat God jou doelbewus presies geplaas het waar jy is. Jou funksie in jou gesin is belangrik. Jou rol in jou vriendegroep is belangrik. Jou persoonlikheid is noodsaaklik. God het jou vir die mense om jou gekies. Wie jy werklik is, is 'n geskenk van God aan die res van ons.

Uitverkorene. Dit is jou naam.

Vir die een wat swak toegerus voel om die liefde van God in jou alledaagse lewe te wys, wat dink jou storie is nie goed genoeg nie, of jou lewe kan nooit 'n impak maak nie … Jy is meer as wat aan jou vertel is. Jesus noem jou sy getuie in die wêreld (Handelinge 1:8).

Ons is God se Plan A — sy beste plan — om lig na 'n donker wêreld te bring.

Die apostel Paulus het gesê: “Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig, dat dit julle nie aan 'n enkele genadegawe ontbreek nie ..." (1 Korintiërs 1:6-7).

Dit is jou besonderhede, jou storie, jou persoonlikheid en jou lewenservarings wat jou uniek toerus om die liefde van God in jou werklike verhoudings te openbaar.

God se boodskapper. Dit is jou naam.

Namate ons saam die leesplan voltooi, wil ek jou aanmoedig om aan te hou veg om kwaliteit tyd met God deur te bring. Hou aan veg om tyd te bestee om met Hom te praat, eerlik met Hom te wees, betrokke te raak by sy Woord en om sy stem die hardste stem in jou lewe te maak.

Vandag wil ek jou met hierdie waarheid los:

God gee jou nie net 'n nuwe naam nie. Hy vertel jou wie jy altyd was. Jy was nog altyd uiters geliefd. Uitverkore. Uitgesoek. Die moeite werd om voor te veg.

Die waarheid is dit: jy was heeltyd geliefd.

Ek deel in my nuwe boek meer praktiese hulpmiddels oor hoe om weer met God kontak te maak, te weet wie jy is en elke dag so te leef: You Are More Than You’ve Been Told [Jy Is Meer As Wat Vir Jou Gesê Is]. Saam kan ons verder op ons reis van genesing en vryheid gaan.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Greatly Loved

Hosanna Wong weet eerstehands hoe om geïgnoreer, onwaardig en ongeliefd te voel. In hierdie 5-dag leesplan ontleed sy nege name wat God jou noem en bied praktiese, doodgewone aanmoediging om jou te help om leuens te ontbloot, jouself te sien soos God jou sien en met 'n nuutgevonde houding en doel te leef.

More

Ek wil graag vir Hosanna Wong vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://hosannawong.com/greatlyloved