Uiters GeliefdVoorbeeld

Greatly Loved

DAG 2 VAN 5

Kan ek kwesbaar voor jou wees?

Dit was een van die seerste tydperke in my lewe.

Ek is uitgebuit en daar is van my gesteel. Ek het skaam gevoel. Die mense wat ek gedink het sou bly, het nie. Die mense wat ek gedink het my sou verdedig, het nie. Ek het verlate en onwelkom gevoel. Ons het al ons spaargeld in 'n projek belê waartoe ons gevoel het God ons geroep het, maar om verskeie tragiese redes het dit nie tot uitvoer gekom nie. Ons het al ons spaargeld verloor en is met leë hande gelaat; verward en onseker oor hoe om te herbou. Ek het verleë en verslae gevoel.

Ou wonde uit my verlede het weer begin opduik. Ek was in 'n kringloop van vernieting vasgevang. Ek het my identiteit verloor.

Dit was nodig om 'n keuse te maak. Een wat gemaak móés word.

Sou ons kies om toe te laat dat die menings van ander en die pyn van ons omstandighede ons definieer en ons beheer?

Of sou ons kies om vir die behoud van ons gedagtes, ons geesteswelsyn en ons lewens te veg?

Met verloop van tyd het ek gekies om vir my lewe te veg deur te veg om kwaliteit tyd met God deur te bring.

Nie vinnige en oppervlakkige tyd nie.

Om uit hierdie plek van nederlaag op te staan, moes ek eerlik met God wees, myself aan Hom oorgee en waarlik veg om God se stem die hardste stem in my lewe te maak. Ek het begin om meer en langer tyd met Hom te beplan, baie spesifieke gebede gebid, en stadig deur sy Woord gelees om te ontdek wat Hy van my sê.

Namate ek myself begin sien het soos Hy my sien, is my moeë siel weer verkwik.

Ek weet nie watter leuens aan jou vertel is nie. God het egter 'n paar ander name vir jou.

Vir die een wat verlate of alleen voel … Jy is meer as wat vir jou gesê is. Jesus noem jou sy vriend (Johannes 15:15).

Hy is lief vir jou, en Hy hou van jou. Hy is by jou. Hy is jou steunpilaar. Hy is aan jou kant. Hy is in jou span.

Vriend van God. Dit is jou naam.

Wanneer jy voel jy is in 'n groef met jou ou name, jou ou geestesingesteldheid en die opinies van mense … Jy is meer as wat vir jou gesê is. "Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom" (2 Korintiërs 5:17).

Wanneer ons kies om Jesus werklik te volg en sy weë te volg, begin 'n totale nuwe lewe. Ons is nie wie ons ou name sê ons is nie. Ons is nie ons vorige denkpatrone nie. Ons is nie ons vorige foute nie. Om Jesus te volg, bring 'n splinternuwe begin. Hy wys vir ons 'n minder ernstige en meer ontspanne manier van lewe.

Splinternuut. Dit is jou naam.

Gedurende daardie seer tydperk het ek 'n stukkie gesproke prosa genaamd "I Have a New Name" geskryf, en nege name ontleed wat God ons noem. Dit is 'n voorsmakie van wat God oor jou sê. Ek bid dat dit jou bemoedig.

Mag ons God se woorde ken, God se woorde verklaar en leef om ons ware self te wees.

Dit is tyd om uit 'n plek van nederlaag op te staan ​​en te veg om kwaliteit tyd met God deur te bring.

Jy sal ontdek wie jy werklik is wanneer jy kwaliteit tyd deurbring met die Een wat jou die beste ken.

My stukkie gesproke prosa: 'I Have A New Name.' Kyk na die volledige video hieronder.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Greatly Loved

Hosanna Wong weet eerstehands hoe om geïgnoreer, onwaardig en ongeliefd te voel. In hierdie 5-dag leesplan ontleed sy nege name wat God jou noem en bied praktiese, doodgewone aanmoediging om jou te help om leuens te ontbloot, jouself te sien soos God jou sien en met 'n nuutgevonde houding en doel te leef.

More

Ek wil graag vir Hosanna Wong vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://hosannawong.com/greatlyloved