Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld
Dien Mekaar
Lees: 1 Petrus 4:7-11
SOAP: 1 Petrus 4:8-10
Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.
Oordenking
Petrus het hierdie brief geskryf as bemoediging aan gelowiges in Christus, om ons daaraan te herinner dat ons deur God gekies is om Hom te volg en sy liefde aan 'n verlore en gebroke wêreld te betoon. Ons doen dit die beste wanneer ons waaksaam bly in gebed, mekaar liefhet en gasvryheid betoon sonder om te kla.
Jy is gemaak vir gemeenskap met die plaaslike kerk en jou kerk het jou nodig. Dis nodig dat ons vrygewig is met die gawes wat God ons gegee het en niks terughou nie. Ons moet die unieke gawes wat God ons gegee het, gebruik om mekaar te dien en God te eer met ons sterk punte waar ander swak is. Ons woorde moet God se woorde wees. Ons diens moet voortspruit uit die krag wat God voorsien sodat net Hy die eer ontvang.
As jy na jou plaaslike kerk kyk, sien jy hoe en waar jy jou gawes kan gebruik? Dit lyk dalk of daar reeds meer as genoeg mense dien, maar daar is altyd 'n plek vir jou. God het jou gemaak om ander op 'n baie spesifieke manier te dien en lief te hê. Wanneer jy jou begeerte deel om God deur jou diens te eer, sal jy dalk verbaas wees oor al die geleenthede wat jy nooit geweet het beskikbaar was nie!
Waar word jy geroep om te dien op 'n manier buiten wat jy op jou eie kan bereik? Waar het jy die krag nodig wat net God kan voorsien om Hom en jou plaaslike kerk met jou diens te eer? Hoe sal jy aan God die eer gee en jou gemeenskap aanmoedig om by jou aan te sluit? Jy is deur God gekies om diegene in jou lewe te dien, om jou geloofsgemeenskap aan te moedig en om mekaar aan te spoor om elke dag meer soos Christus te groei. Laat iemand in jou lewe weet waar jy geroep voel om te dien, en vra hulp om jou te help om dit tot uitvoering te bring. Vra God bowenal vir sy leiding en krag sodat jy die werk kan doen wat Hy vir jou voorberei het om te doen (Efesiërs 2:10).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans