Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld
Toegewy aan Gemeenskap
Lees: Handelinge 2:42–47
SOAP: Handelinge 2:42
Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.
Oordenking
Toe die dissipels na Jerusalem teruggekeer het nadat Jesus na die hemel opgevaar het, het hulle voortgegaan om saam te vergader in eenheid en gebed. Toe die dag van Pinkster aanbreek, was daar Jode uit elke nasie in Jerusalem, en 'n groot menigte het in verwarring saamgedrom, want hulle kon skielik hoor van die groot dinge wat God gedoen het—in hulle eie taal! Toe Petrus vertel het wat Jesus vir hulle gedoen het, het baie mense hulle van hul sondes bekeer en geglo. Wat begin het as 'n groep van 120 gelowiges, het gegroei tot 3 000 mense wat geglo het en gedoop is.
Die vroeë kerk was bekend vir hul toewyding om van Jesus te leer en in gemeenskap met mekaar te verkeer. Hulle het bymekaargekom vir etes en gebed, en hulle was bereid om alles wat hulle gehad het te verkoop om in die behoeftes van hul plaaslike kerk te voorsien. Hulle was bly om bymekaar te kom, om saam met mekaar te wees vir 'n maaltyd en gebed terwyl hulle God geprys het. Dit was beide eenvoudig en diepgaande, en God het dit geëer deur voort te gaan om hul gemeenskap van gelowiges te laat groei.
Om Bybelse gemeenskap te bou en aktief deel te wees van die plaaslike kerk verg harde werk en toewyding, maar dit kan ook eenvoudig wees. Hoe kan jy dít wat God vir jou gegee het – jou talente, geestelike gawes, tyd, passies of kennis – gebruik om in die behoeftes van jou plaaslike kerk te voorsien? Hoe kan jy kies om meer toegewyd te wees aan die gemeenskap van gelowiges wat God in jou gemeenskap geskep het, bloot deur konsekwent en doelbewus op te daag?
Jy is nie verantwoordelik vir die aantal mense wat by jou aansluit in die gemeenskap nie. God sal sy kerk en sy gemeenskappe op die regte tyd laat groei en op 'n manier wat Hom eer en heerlikheid bring. Fokus in hierdie seisoen op kwaliteit bo kwantiteit, delf diep saam met 'n paar mense met toewyding en liefde, en vertrou God om alles te voorsien wat jy nodig het, vir wat Hy ookal beplan het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans