Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld
Leef in Eenheid
Lees: Efesiërs 4:1–6
SOAP Efesiërs 4:2–3
Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
Oordenking
As 'n gemeenskap van gelowiges is dit nie genoeg om terloops die lewe saam met kennisse op die oppervlak te doen nie. Ons word geroep tot iets meer. Ons is geroep om waardig te leef vir die roeping wat aan ons gegee is, met nederigheid, geduld en sagmoedigheid, soos ons mekaar in liefde verdra. Paulus se brief aan die gemeente in Efese beskryf hoe dit lyk om in die gemeenskap te wees as volwasse gelowiges wat in eenheid leef.
Eenheid beteken nie dat ons heeltyd oor elke besluit sal saamstem nie. Maar met liefde, sagmoedigheid, nederigheid en geduld kan ons na mekaar luister. Ons kan kyk na besluite deur die lens van die roeping wat God op ons lewens geplaas het, en ons kan saam vorentoe beweeg – 'n verenigde front wat mekaar eer en respekteer selfs wanneer ons nie saamstem nie. Die pad waarop God ons roep om te reis, is dieselfde. Ons gaan almal in dieselfde rigting, en ons kan saamstem oor die groot dinge terwyl ons ruimte laat vir verskeidenheid in die klein dingetjies. Soos ons saam beweeg na ons gemeenskaplike doel, kan ons geleidelik en konsekwent beweeg en mekaar langs die pad dien.
Die keuse om ander meer te waardeer as ons trots, sal 'n voorbeeld wees wat die wêreld broodnodig het. Waar die wêreld verdeeldheid en meningsverskil prys, sal volwasse gelowiges in die plaaslike kerk bymekaarkom en Jesus en sy kinders meer liefhê as hulle persoonlike agendas. Ons sal vir die wêreld wys dat ons Jesus meer liefhet as wat ons liefhet om reg te wees, meer as wat ons ons opinies liefhet, en meer as wat ons daarvan hou om ons eie sin te kry. Ons kan 'n lig vir die wêreld wees terwyl ons in eenheid met mekaar leef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans