Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 24 VAN 29

Week 4 Gemaak Vir Gemeenskap Met Ons Wêreld

Wees Lief Vir Jou Naaste

Lees: Matteus 22:34–40

SOAP: Matteus 22:37–39

Jesus antwoord hom, “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste em die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’

Oordenking

Ons is gemaak vir gemeenskap met God, ons vriende en familie, ons plaaslike kerk en ons wêreld. Die kringe van invloed in ons lewens straal uit ons verhouding met God en die tyd wat ons in sy Woord spandeer. Elke vlak van ons gemeenskap het verskillende behoeftes, verwagtinge en geleenthede. Die Bybelse gemeenskap van vriende en familie sal ons help in ons eie wandel met Jesus. Die gemeenskap wat ons in ons plaaslike kerk het, laat ons toe om die gawes wat God ons gegee het, te gebruik om ander gelowiges te dien en ‘n impak te maak terwyl ons mekaar aanmoedig en saam aanbid.

Wanneer dit kom by die feit dat ons gemaak is vir gemeenskap met ons wêreld, word ons ambassadeurs vir Christus vir diegene rondom ons wat moet hoor hoe lief Jesus vir hulle is. Dit is ons bediening, ons sendingsveld. Dit is ons bure, medewerkers, onderwysers, afrigters en almal wat ons tydens ons daaglikse roetines teëkom. Om in gemeenskap met ons wêreld te wees moet ons aktief betrokke wees buite ons gewone vriendekringe en kerkfamilie.

Die Bybelse gemeenskap wat jy bou sal jou help om op God gefokus te bly, jou help om vrae te beantwoord wat jy oor jou geloof kry en jou verantwoordlik hou in jou verhouding met God – maar hulle ken Hom reeds. Vra God om te openbaar waar Hy wil hê jy moet Hom in die wêreld dien. Waar kan jy jou gawes gebruik op ‘n manier wat iemand wat Jesus nog nie ken nie, aan Hom sal voorstel?

Wanneer ons God met ons hele hart, siel, verstand en krag liefhet, sal die vrug wat ons dra liefde wees – liefde vir ons naaste. Wanneer ons ons naaste liefhet, sal ons verhoudings met hulle wil bou sodat hulle ook kan leer om God heelhartig lief te hê.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans