Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 27 VAN 29

Liefde in Aksie

Lees: Romeine 12:9-21

SOAP: Romeine 12:10

Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

Oordenking

Hoe lyk dit om gemaak te wees vir gemeenskap met die wêreld? Dit lyk soos liefde. Die soort wat in ons verse vandag beskryf word, die soort liefde wat:

Die kwaad haat.

Vashou aan wat goed is.

Gretig is om eer aan ander te betoon.

Verheug in hoop.

Verdra in lyding.

Volhard in gebed.

Dit is liefde wat nie opgee nie, nie toegee nie. Dit is ’n liefde wat soek na wat nodig is in die wêreld en intree om te dien. Dit lyk soos ’n gemeenskap van gelowiges wat in harmonie en nederigheid leef. Dit is die soort liefde wat sy vyande sal voed en klee omdat dit God vertrou om die regter te wees.

Ons Skriflesing vandag herinner ons ook daaraan dat Bybelse gemeenskap uithouvermoë vereis. Dit sal nie maklik wees nie, en dit sal aanloklik wees om onsself uit te brand om ander te dien. Onthou om jou verhouding met God te prioritiseer, sodat die oorvloed van sy liefde in jou lewe oorvloedig is en maklik met diegene rondom jou gedeel kan word. Wanneer jy alleen of verwerp voel, bid selfs harder. God sien jou, Hy ken jou, en Hy het jou lief. En Hy wil hê jy moet gemeenskap met ander gelowiges ervaar.

Moenie jou emosies wegsteek nie. Lag en huil en deel die vreugde wat jy het oor Jesus. Moenie bang wees om diep te delf en deur die goeie tye en die moeilike tye saam met jou gemeenskap te stap nie. En bly waaksaam, kyk uit vir diegene aan die buitekant, dié wat alleen sit, die een wat nie eers weet hoe om te vra vir jou vriendskap nie. Verras die wêreld met jou oorweldigende vrygewigheid en bowenal liefde. Wees lief met alles wat jy het, en met alles wat God vir jou gegee het.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans