Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 28 VAN 29

Van Alle Nasies

Lees: Matteus 28:16-20

SOAP: Matteus 28:19-20

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.

Oordenking

Die dissipels was op die tuimeltruin van hul lewe. Hulle het met Jesus geloop en gepraat, gekyk hoe Hy wonderwerke verrig en intieme kameraadskap geniet. Christus het hulle uit die skare geroep en aan hulle ’n voorste sitplek gegee om sy heerlikheid te aanskou. Nadat Jesus gesterf het, het hulle hoop gekwyn. Toe Hy terugkom, het samesyn, wonderwerke en vreugde vir ’n seisoen teruggekeer, totdat Jesus gereed was om na die hemel op te vaar.

Ons voltooi ons studie oor Bybelse gemeenskap met die Groot Opdrag: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou, Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”

God het ons so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om vir ons sondes te sterf sodat ons vir ewig by Hom kan wees. As gevolg van daardie groot liefde kan ons in gemeenskap met God wees. God was met die Israeliete in die Ou Testament terwyl Hy die weg na die beloofde land gebaan het, en Hy gaan nou voort om voor ons uit te gaan. God hou sy beloftes. Hy het ons nog nooit verlaat nie, en Jesus belowe dat Hy ook by ons is, altyd. Toe Hy na die mense voor Hom uitgekyk het, sommige wat aanbid en sommige wat twyfel, het Hy hulle met ’n bevel en met vertroosting agtergelaat:

Hulle moes die evangelie verkondig aan die wêreld wat Hom verwerp het, en nooit vergeet dat Jesus altyd by hulle sou wees nie.

Nou is dit ons beurt om daardie Goeie Nuus te neem en dit met alle nasies te deel. In elke seisoen, in elke gemeenskap en in elke nasie is Jesus met ons.

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans