Die Man aan die Kruis in die Middel: 'n 7-dag Paasfees leesplanVoorbeeld

The Man on the Middle Cross: A 7-Day Easter Reading Plan

DAG 4 VAN 7

HY HET DIE LAASTE ASEM UITGEBLAAS

“Jesus het hard uitgeroep 'Vader, in u hande gee Ek my gees oor.' Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas" Lukas 23:46.

Die eenvoud van hierdie woorde wys ons na waarhede wat te diep lê vir trane.

Lukas, met sy oog vir detail, gee vir ons 'n "ordelike verslag" van Jesus se kruisiging — 'n verslag wat hy verduidelik aan die begin van sy evangelie: "Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf so kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is" (Lukas 1:3-4). Hy probeer nie om sy skrywe pynlik uit te beeld nie. In plaas daarvan skryf hy sodat ons die waarheid kan verstaan. So word Jesus se sterflike asem vir ons in 'n eenvoudige frase vertel: "Hy het sy laaste asem uitgeblaas."

Waaroor Lukas wel wil hê ons moet talm, is Jesus se beheer oor sy laaste asem. Hy het gekies om sy gees in sy Vader se liefdevolle hande toe te vertrou. Hy het geweet dat sy werk gedoen is. Sonde is betaal, die gordyn is geskeur, en sy mense kon vir ewig in sy Vader se teenwoordigheid kom. Tesame met alles wat Jesus voor sy kruisiging gesê het, weerlê sy laaste woorde die idee dat sy dood bloot dié van 'n hulpelose slagoffer was wat deur wrede omstandighede oorweldig is. Hy het maande tevore vir sy dissipels gesê dat Hy na Jerusalem sou gaan "'want,' het Hy gesê 'die Seun van die mens moet baie ly, deur die familiehoofde, priesterhoofde en skrifgeleerdes verwerp word, en Hy moet doodgemaak word, en op die derde dag opgewek word'" (Lukas 9:22). Johannes vertel ons: "Die Vader het my lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het" (Johannes 10:17-18).

Jesus het nie hulpeloos maar gewillig na die kruis gegaan nie. In ooreenstemming met die Vader se doel, het Hy die presiese oomblik gekies: "Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape" (Johannes 10:11). Hier sien ons dus die einste Outeur van die lewe wat gewillig sy laaste asem neem en ons herinner aan sy absolute gesag sowel as sy onuitputlike liefde. “Hy het sy laaste asem uitgeblaas” sodat jy die vars, gesuiwerde lug kan inasem wat die oomblik wat jy wedergebore is aan jou beskikbaar gestel is. "Hy het sy laaste asem uitgeblaas" sodat jy eendag in 'n herstelde skepping sal staan en lug in longe inasem wat nooit sal vergaan of tot niet sal gaan nie. Hy wat heerser is oor die lug wat jy inasem het voortreflik sy laaste asem uitgeblaas. Hy is niks minder as jou lof en aanbidding werd nie.

  • Hoe roep God my om anders te dink?
  • Hoe herrangskik God my hart se geneenthede — waarvoor ek lief is?
  • Waartoe roep God my vandag terwyl ek deur my dag gaan?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Man on the Middle Cross: A 7-Day Easter Reading Plan

Byna almal stem saam dat hierdie wêreld gebroke is. Wat as daar egter 'n oplossing is? Hierdie 7-dag Paasfees leesplan begin met die unieke ervaring van die dief aan die kruis en oorweeg waarom die enigste werklike antwoord op gebrokenheid gevind word in die teregstelling van 'n onskuldige man: Jesus, die Seun van God.

More

Oordenkingsmateriaal is geneem uit "Truth For Life", 'n daaglikse oordenking deur Alistair Begg, uitgegee deur The Good Book Company, thegoodbook.com. Gebruik deur Truth For Life met toestemming. Kopiereg (C) 2022, The Good Book Company. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tfl.org/365