Die Man aan die Kruis in die Middel: 'n 7-dag Paasfees leesplanVoorbeeld
GODDELIKE VANDALISME
“Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis oor die hele land, en dit het tot drie-uur geduur; die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur" Lukas 23:44-45.
Namate Jesus se bediening gevorder het, was een van die groot bekommernisse van die Joodse godsdienstige instelling Jesus se woorde: "Jesus het hulle geantwoord: 'Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig'" (Johannes 2:19). Dit was inderdaad een van die hoofaanklagte wat teen Hom gebring is (Markus 14:58). Toe Jesus aan die kruis was, het verbygangers Hom gespot en gekoggel en geskreeu: "Jy wat die tempel wil afbreek en in drie dae opbou! Red jouself as jy die Seun van God is, en kom van die kruis af!" (Matteus 27:40). Daar het Hy egter gebly, hangend aan die kruis, in die duisternis.
Te midde van die duisternis en die omwenteling van die kruisiging, gebeur daar skielik iets geheimsinnigs en totaal onverwags: God self het die tempel ontheilig.
Lukas vertel vir ons “Die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur.” Dit was die einste gordyn wat in die tempel gehang het om simbolies die weg na God se teenwoordigheid te versper. Dit was die groot teken dat onvolmaakte mense nie in dieselfde ruimte as die heilige God kon wees nie. Dwarsdeur die Ou Testament het enigiemand wat dit sou waag om in God se teenwoordigheid te kom sonder om die seremoniële reinigingsrituele te onderhou en die nodige opofferings te maak, gesterf (byvoorbeeld Numeri 3:2-4). Skielik, terwyl Jesus op die randjie van die dood was, is hierdie simbool van beperkende eksklusiwiteit vernietig. Deur dit te vernietig, het God verklaar dat die ou priesterlike ritueel tot toegang tot sy teenwoordigheid afgeskaf is, en dat die versperring van sonde wat die mensdom van hulle Maker skei, uitgewis is. Ons het nie meer nodig om afstand van God te hou nie. "Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam" (Hebreërs 10:19-20).
Ons toegang tot God is nie beperk tot 'n tempel of 'n kerk, of enige ander gebou nie, en ook nie deur 'n menslike priester of 'n guru nie. Nee, 2 000 jaar gelede het God die geskiedenis ingebreek om direkte toegang tot Homself deur Jesus te bewerkstellig. "Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus" (1 Timoteus 2:5-6). Die tempelgordyn wat in twee geskeur is, was goddelike vandalisme namens jou! Jy hoef nie meer deur priesters en rituele uitgeskuif te word nie. Hulle kan niks anders as sinneloos wees nie. In plaas daarvan kan jy na God toe kom, net soos jy is, vol vertroue van verwelkoming en genade en hulp, alles as gevolg van Jesus.
- Hoe roep God my om anders te dink?
- Hoe herrangskik God my hart se geneenthede — waarvoor ek lief is? li>
- Waartoe roep God my vandag terwyl ek deur my dag gaan?
Aangaande hierdie leesplan
Byna almal stem saam dat hierdie wêreld gebroke is. Wat as daar egter 'n oplossing is? Hierdie 7-dag Paasfees leesplan begin met die unieke ervaring van die dief aan die kruis en oorweeg waarom die enigste werklike antwoord op gebrokenheid gevind word in die teregstelling van 'n onskuldige man: Jesus, die Seun van God.
More