Herskep deur die WaarheidVoorbeeld

Transformed by Truth

DAG 11 VAN 12

Die Waarheid Omtrent Groei

Die verhaal van Paulus se bekering vind ons in Handelinge 9. Hierdie verhaal vertel ons van een van die grootste geestelike omwentelinge in iemand se lewe wat in die Bybel vir ons opgeteken is. Voordat Paulus se berugte sendingreise begin het, was Christene veragtelik in sy oë en het hy planne gemaak om hulle te vermoor. Dit was op die pad na Damaskus waar die Here hom verblind en gekonfronteer het oor al sy bose werke. In vers 15-16 sê die Here vir Ananias, 'n volgeling van Jesus, dat Paulus 'n uitverkore "werktuig" is en dat hy gaan ly omdat hy die Naam van Jesus gaan verkondig. Gedurende Ananias se besoek aan Paulus, lees ons dat daar iets soos skille van Paulus se oë afgeval het en dat hy weer kon sien. Hy het sy kragte herwin en is gedoop.

Groei is nie maklik nie. Dit is waarskynlik een van die ongemaklikste prosesse waardeur enige persoon ooit kan gaan. Die vreemde ding omtrent groei is dat jy nooit werklik agterkom dat jy groei, totdat jy deur die proses is nie. Nogtans — as gelowiges is groei 'n belangrike faset van ons wandel met Christus. Dit is hoe Hy ons verander om meer soos Hy te word. Wanneer jy dus druk in jou lewe ervaar, of voel asof daar aan jou geskaaf word, kan jy hoop vind in die wete dat jy besig is om te groei!

Paulus moes letterlik blind word om te kon groei na die persoon wat God hom geroep het om te wees. Die omwenteling in Paulus se lewe is die perfekte voorbeeld van hoe lyding ons karakter vorm en ons met hoop vervul!

Uitdaging: Vra vir God om jou in 'n omgewing te plaas of mense om jou te plaas wat groei in jou lewe sal bevorder. Die kanse is baie goed dat die proses uiters ongemaklik sal wees, maar die resultaat sal jou dankbaar laat, met 'n wyer perspektief op die lewe as wat jy voorheen gehad het.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Transformed by Truth

Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse Christelike wandel mag sukkel. In 12 dae sal jy leer om die leuens te herken wat die Satan vir jou vertel en ook om die waarheid te ken wat in Christus te vinde is. Jy mag dalk selfs vind dat jy nie so alleen in jou stryd is as wat jy gedink het nie.

More

Ons wil graag Daily Truth Devotional bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://karajoyblog.wordpress.com/introduction/