21-Dae VasVoorbeeld

Vir baie mense is kos 'n troos. Dink na tot watter mate jou denke oorheers is deur jou drang na kos, wat jy mis terwyl jy vas, of selfs hoeveel gewig jy kan verloor. Gebeur dit dikwels? As jou drang na alkohol of dwelms was, sou jy sê jy is verslaaf, as jy só deur die begeerte daarna verteer word? Vir baie kan hierdie vas begin met 'n bewuswording van watter skadelike plek kos in jou lewe het. Dit kan 'n verslawing openbaar. Vra die God van medelye om jou enigste bron van vertroosting te wees. Vra Hom om hierdie ervaring van lyding te gebruik om enigiets uit jou lewe te verwyder wat die plek van die Heilige Gees as jou Vertrooster ingeneem het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie leesplan sluit 'n verskeidenheid Skrifgedeeltes oor vas in en ander wat jou aanmoedig tot nadenke, en om nader aan God te kom. Jy sal oor die verloop van 21 dae 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en vrae vir nadenke. Vir meer inhoud, gaan na www.finds.life.church.
More
We'd like to thank Life.Church for their generosity in providing the structure for the 21 Day Fast reading plan.