Tien Dae van Nadenke oor die Ons Vader-gebedVoorbeeld

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

DAG 7 VAN 10

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen" (Matteus 6:9-13).

Draai jy die muntstuk van vergifnis vir jouself om, dan kyk jy na vergifnis vir ander wat teen jou oortree het. Jesus sê dat die twee hand-aan-hand gaan — dat Hy jou vir meer vergewe het as wat jy ooit 'n ander hoef te vergewe. Voorts: vergifnis vra 'n diepe eerlikheid wat nie bevredig kan word deur vinnige frases, sodat almal net kan "voortbeweeg" nie.

Net soos jy gister tyd met Jesus deurgebring het om die prentjie van sonde se invloed op jou en jou verhoudings-landskap te vorm, kan jy ook vandag tyd daaraan wy om bewus te word hoe die sonde van ander teenoor jou, jou landskap gevorm het. Moenie probeer om toegeeflik en "Christelik" daaroor te wees nie, sien dit net vir wat dit is. Wat is van jou weggeneem? Wat het verlore gegaan? Wat is nooit gegee wat gegee móés word nie? Die belangrikste van alles: hoe het dit die mens beïnvloed wat jy vandag is?

Gaan ook, soos gister, terug na die prentjie van Christus op die kruis waar die prys van vergifnis betaal is. Eerstens vir jou sondeskuld. Dan vir die sondeskuld van ander. Hou hierdie prentjies weer eens langs mekaar, lank genoeg om te sien of enigeen van hulle in jou 'n gegriefdheid, verborge pyn of wraaksugtige woede na vore gebring het — wat 'n nuwe skakering kan aanneem wanneer dit langs Jesus geplaas word.

Bid vandag vir jou vyande. Bid vir hul vergifnis op dieselfde manier as wat jy vir jou eie bid. Terwyl jy vir hulle bid, let op hoe daar in jou hart vergifnis vir hulle groei. Aangesien vergifnis tyd neem om 'n mens te heel, sal jy bes moontlik hierdie gebed op 'n gereelde basis moet bid. Dit sal vir 'n wyle voel asof jy hulle elke dag van nuuts af weer vergewe.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

Hierdie 10-dag leesplan vir nadenke van die Ons Vader-gebed is bedoel om jou pas te vertraag, jou te leer om te oefen om te luister in oomblikke van stilte en afsondering, en om gebed te ervaar in 'n verhouding, eerder as met die opnoem van wenslyste en verstandelike inspanning. Ons wil jou aanmoedig om in stilte en erkenning van God se teenwoordigheid te begin, gevolg deur nabetragting van die gekose Skrifgedeeltes en uiteindelik 30 rustige minute te bestee aan die in-diepte oordenking wat verskaf word vir elke dag se fokusvers in die Ons Vader-gebed.

More

Ons wil graag vir LAKEPOINTCHURCH bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lakepointmuskego.org