Tien Dae van Nadenke oor die Ons Vader-gebedVoorbeeld

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

DAG 5 VAN 10

"Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen" (Matteus 6:9-13).

Daar is 'n tyd om doelwitte te stel, die groter doel vir ons lewens te soek en ingewikkelde agendas te hanteer, maar soms gaan dit net daaroor om nog 'n dag te oorleef! Dit is waar Jesus ons tegemoetkom wanneer Hy vir ons sê om te bid vir ons "daaglikse brood". Hy wil jou op hierdie oomblik voorsien van dít wat die nodigste is en aan jou voeding en lewensonderhoudend verskaf, sodat jy deur vandag kan kom.

Hou vandag jou gebede eenvoudig. Vergeet van die groter prentjie. Fokus op die hiér en nóu. Wy tyd daaraan om rustig bewus te word en te bid vir wat op hierdie oomblik die nodigste is.

Vir jou liggaam.

Vir jou denke.

Vir jou siel.

Vir jou gesin.

Vir jou loopbaan.

Vir jou vriende.

Vir jou geloof.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

Hierdie 10-dag leesplan vir nadenke van die Ons Vader-gebed is bedoel om jou pas te vertraag, jou te leer om te oefen om te luister in oomblikke van stilte en afsondering, en om gebed te ervaar in 'n verhouding, eerder as met die opnoem van wenslyste en verstandelike inspanning. Ons wil jou aanmoedig om in stilte en erkenning van God se teenwoordigheid te begin, gevolg deur nabetragting van die gekose Skrifgedeeltes en uiteindelik 30 rustige minute te bestee aan die in-diepte oordenking wat verskaf word vir elke dag se fokusvers in die Ons Vader-gebed.

More

Ons wil graag vir LAKEPOINTCHURCH bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lakepointmuskego.org