Tien Dae van Nadenke oor die Ons Vader-gebedVoorbeeld

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

DAG 4 VAN 10

"Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen" (Matteus 6:9-13 AFR20).

Jy wakker die gretige passie van jou gebede aan in 'n poel van oorgawe. Oorgawe is nie iets wat jou passie laat afkoel nie. Oorgawe is nie naastenby gelatenheid nie. Dit is nie asof jy op die een of ander manier jouself van jou begeertes moet skei voordat jou gebede vir Jesus tevrede sal stel nie. Inteendeel, gebed verenig juis jou passie met Syne. Die gebed "Laat u koninkryk kom en u wil geskied", is soos die gebed van minnaars, waar die grootste behoefte is dat hul eie begeertes besit en oorgeneem sal word deur die begeertes van die ander. Jy is gewillig om jouself daarin te verloor. Jy vind dat jy 'n God het wie se passies rooiwarm is en jou begeertes vind hulle volmaakte vervulling in Hom. In werklikheid ontdek jy dat dit Hý was wat jou begeertes direk op jou hart geskryf het en dat dit jou teruggedryf het om Hom te vind — ons Vader, in die hemel, heilig, geliefd, volkome, en wat in afwagting luister vir ons om met ons gebede aan sy deur te klop.

“Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde” — laat jou toe om die gaping te erken. Daar is spanning in die gaping. Hoe dit hier en nou op aarde is, is nie hoe dit veronderstel is om te wees nie. Dit is beslis nie hoe dit dan daar in die hemel gaan wees nie. Die koninkryk van Jesus is nog op pad en sy verlossing is steeds besig om toe te neem. Jou gebede sluit by Hom aan om dele van hoe dit eintlik moet wees, af te trek na hoe dit nóú in jou alledaagse lewe is.

'n Paar maniere om jou gebed vandag binne te gaan: "Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde” — begin met 'n bewuswording van jou eie begeertes. Maak erns daarmee om bewus te word van dít wat jy die meeste begeer. Dink dan na óf en hoé hierdie begeertes moontlik van God af kom, óf jou na God toe terugbring.

Let op of jou gebede uit 'n posisie van oorgawe kom. Wat voel gepas omtrent oorgawe en wat voel ongemaklik?

Raak dan bewus van God se begeerte. Raak 'n paar oomblikke stil waarin jy Hom toelaat om jou te vertel wat Hy die meeste vir jou wil hê, vir sy koninkryk en sy wil. Is dit baie verskillend van wat jý begeer of is dit meestal dieselfde?

Herskryf in 'n gebed elkeen van hierdie dinge wat jy waargeneem het.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

10 Contemplative Days in the Lord's Prayer

Hierdie 10-dag leesplan vir nadenke van die Ons Vader-gebed is bedoel om jou pas te vertraag, jou te leer om te oefen om te luister in oomblikke van stilte en afsondering, en om gebed te ervaar in 'n verhouding, eerder as met die opnoem van wenslyste en verstandelike inspanning. Ons wil jou aanmoedig om in stilte en erkenning van God se teenwoordigheid te begin, gevolg deur nabetragting van die gekose Skrifgedeeltes en uiteindelik 30 rustige minute te bestee aan die in-diepte oordenking wat verskaf word vir elke dag se fokusvers in die Ons Vader-gebed.

More

Ons wil graag vir LAKEPOINTCHURCH bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lakepointmuskego.org