Tien Dae van Nadenke oor die Ons Vader-gebedVoorbeeld
"Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen" (Matteus 6:9-13 AFR20).
Hier is jy na tien dae van gebed en die tyd het aangebreek om “Amen!” te sê. Dit is 'n woord wat afsluiting, ooreenkoms en waarheid kommunikeer, soortgelyk aan hoe ons vandag "sekerlik", "dis waar" of "absoluut!" sal sê. Wat besonder is van "Amen", is dat jy dit kan gebruik voordat die "vir altyd gelukkig saam" bewaarheid word. In vele van Afrika se gebedstradisies vra mense nie eens vir Jesus enigiets nie; hulle begin net om vir Jesus dankie te sê, gebaseer op die geloof dat alreeds in hul behoeftes voorsien is. Dit sal ons almal goed doen om meer só te bid.
Op hierdie laaste dag van gebed, laat Jesus alles saamvat wat tussen julle gedeel en gesê is. Wat was so waar en gepas dat jy dit weer wil bid en “Amen!” wil sê? Wat was waarlik asof jy dit reeds ontvang het, al het dit nog nie gebeur nie, maar jy wil net aanhou om met 'n groot “Amen!” te bid? Wil jy van hierdie dinge neerskryf sodat jy kan onthou wat Hy jou gegee het? Hoe jy ook al besluit om dit te doen, fokus jou gebede en hou hiervandaan daarmee vol.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 10-dag leesplan vir nadenke van die Ons Vader-gebed is bedoel om jou pas te vertraag, jou te leer om te oefen om te luister in oomblikke van stilte en afsondering, en om gebed te ervaar in 'n verhouding, eerder as met die opnoem van wenslyste en verstandelike inspanning. Ons wil jou aanmoedig om in stilte en erkenning van God se teenwoordigheid te begin, gevolg deur nabetragting van die gekose Skrifgedeeltes en uiteindelik 30 rustige minute te bestee aan die in-diepte oordenking wat verskaf word vir elke dag se fokusvers in die Ons Vader-gebed.
More