Lewe Veranderd: Toe Jou Geboorteverhaal Nie Volgens Verwagting Verloop Het NieVoorbeeld
Doelgerigtheid in die Skepping.
Dink aan iets in die natuur waarvan jy baie hou. Miskien waardeer jy die pienk en oranje van ‘n sonsondergang wat oor die see weerkaats, voëls wat in formasie vlieg, of sneeu wat onder jou voete knars. Wanneer ons oor die mooiste plekke in die natuur dink, is dit moeilik om te glo dat die Skepper van alle dinge, vir ons sy meesterstuk noem. Die boek Genesis verseker ons egter, God se skepping was nie afgerond voordat Hy ons geskep het nie. As ons vas glo dat God nie fouteer nie, dan moet ons ook glo dat Hy geweet het wat Hy doen toe Hy ons geskep het, en gesê het dit was goed.
Na my dogter se geboorte het my verpleegspan my steeds behandel vir ernstige preëklampsie. Alhoewel my bloeddruk moeilik gestabiliseer het, was my medikasie gewoonlik voldoende sodat die verpleegsters my toegelaat het om uit my kamer te beweeg om die neonatale intensiewesorgeenheid te besoek.
Ek onthou nog goed toe my man en ek eenkeer gereed gemaak het om ons dogter op die boonste verdieping te besoek. Hy het tot dusver nog nie ‘n kans gehad om haar vas te hou nie en teësinnig het ek ingestem dat dit sy kans kon wees. Ons was net op pad, toe my verpleegster inkom om my bloeddruk na te gaan. Bloeddrukmeting het ‘n roetine geword, daarom het ek vir hom gesê om solank vooruit te gaan en sou hom dan binne ‘n paar minute daar ontmoet.
Ek het diep ingeasem en op my asemhaling gefokus, terwyl die band om my arm al stywer word. Die irriterende en tog bekende bloeddrukmetersein het ‘n gevaarlike hoë bloeddruk aangekondig. Vir ‘n kort oomblik het my verpleegster my toegelaat om asem te skep en om arms om te ruil, maar weereens het die sein gewaarsku dat ek gevaarlike hoë bloeddruk het. Ek is aangesê om in die bed te bly en blitsvinnig het my verpleegster aanvullende medikasie vir binneaarse toediening gaan haal. Ek was mismoedig en kwaad – nie net oor die situasie nie, maar ook vir my liggaam wat my voortdurend in die steek gelaat het. Hoekom kon ek nie beter word nie?
In trane het ek die neonatale intensiewesorgeenheid geskakel en my man laat weet dat ek te siek was om te kom. Weereens, het ek gevoel dat een van die kosbaarste oomblikke in my baba se lewe my ontneem is. Dit is my ontneem om te sien hoe my man ons dogter vir die eerste keer vashou. Ek was woedend vir my liggaam en het God se weë bevraagteken. Hoe sou Hy na my, sy handewerk, kan kyk en my liggaam welgeskape vind?
Op daardie tydstip het ek nie verstaan dat God my liggaam geskep het om presies op ‘n spesifieke manier te reageer nie. My liggaam het geveg om aan die lewe te bly. Alhoewel my hoë bloeddruk my baie spesiale oomblikke ontneem het, het my liggaam presies so gereageer soos dit veronderstel was om te reageer wanneer iets verkeerd is. Gevolglik, het die verpleegsters ook geweet hoe om my te help.
Psalm 139:14-16 sê: “Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.”
Wat jou verhaal ook mag wees, Vader was reeds daarvan bewus selfs voordat jy gebore is. Hy het elke liggaamsdeel van jou besonders en sorgvuldig geskep, ook die dele wat jy dink onvolmaak is. Wanneer ons geestelike vyand jou wil laat glo dat jou lewe geruïneer is, dat jy benadeel is of vergeleke met ander iets kortkom, onthou hierdie waarheid: Jy is wonderbaarlik en volmaak geskep. Jy het nie tekortkominge nie. Die Een wat hemel en aarde geskape het se gedagtes aangaande jou was dat die wêreld jou ook nodig het. Hy weet alles van jou en is lief vir elke deeltije van jou.
Liefdevolle Vader, wanneer ek in versoeking kom om my volmaakte liggaam te bevraagteken, help my om te onthou dat U my volmaak geskep het. Help my om te onthou wie U sê ek is en om die leuens met u waarheid in die kiem te smoor. Help my om myself te sien soos wat U my sien, u pragtige meesterstuk. Vul my met nederige selfvertroue en laat my verhaal ‘n getuienis van u goedheid en getrouheid wees. In die Naam van Jesus, Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Ons almal het ‘n voorstelling van hoe ons dink ons swangerskap en die geboorteproses gaan verloop. Wanneer die realiteit ons voorstelling weerspreek, kan dit intense hartseer veroorsaak. Of die geboorteproses moeilik was, en of jou baba in die neonatale intensiewesorgeenheid opgeneem moes word, jou verhaal is vir God belangrik. Hierdie leesplan, uit die oogpunt van ‘n mamma wat ervaring met neonatale intensiewesorg het, sal jou ondersteun om uiting te gee aan die hartseer vanweë 'n swangerskap en geboorteproses wat jy nie kon ervaar het nie, maar wel vir jou hoop vir die toekoms bied en die seer sal genees.
More