Bevryding van VergelykingsVoorbeeld

Killing Comparison

DAG 5 VAN 5

Op my reis na bevryding van toksiese vergelykings, het God my aandag op Jonatan gevestig, koning Saul se seun en Dawid se beste vriend, as 'n gevallestudie in gesonde identiteit. Ek het hom nog nooit werklik in diepte bestudeer nie. Ek het hom as 'n mede-rolspeler in Dawid se verhaal gesien, maar nie as iemand van wie ek iets kan leer nie. Tog, hoe meer ek die verhaal van Saul en Dawid bestudeer het, hoe meer het ek besef dat Jonatan die werklike held van die verhaal was. Hier is die rede.

Ons teksvers is 1 Samuel 18:4:

"Jonatan het die mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir Dawid gegee, ook sy uitrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel."

Alhoewel die aandag op Saul gevestig word as gevolg van sy optrede en slegte gedrag omdat hy geglo het dat Dawid 'n bedreiging vir sy koninkryk was, is die waarheid dat Dawid nie 'n bedreiging vir Saul was nie, omdat Saul alreeds koning was. In der waarheid was Dawid 'n bedreiging vir Jonatan want as die mense Dawid as koning wou hê, sou dit eers na Saul se dood gebeur. Kyk egter hoe Jonatan teenoor Dawid reageer toe hy terugkeer na 'n geveg wat hy gewen het. In plaas daarvan om deur Dawid se sukses bedreig te voel, het hy Dawid se sukses gevier. Hy het sy koninklike mantel en wapens vir Dawid gegee. Dit is die sleutel tot 'n lewe sonder vergelykings.

Bevryding van toksiese vergelykings vereis dat jy ander se suksesse vier. Jy kan nie met iemand kompeteer vir wie jy aanspoor om te wen nie! Jy word nie bedreig deur iemand saam met wie jy sukses vier nie. Dit is hoekom dit vir Jonatan moontlik was om met vreugde en vrede te leef terwyl die mense Dawid opgehemel het. Jonatan het nie sy identiteit aan die feit gekoppel dat hy die toekomstige koning was nie. Hy was seker van sy identiteit as gevolg van wat God op daardie oomblik gesê het wie hy is. Op daardie oomblik was hy die koning se seun. Hy was 'n dienskneg van God. Hy was Dawid se vriend.

Jonatan was bewus van 'n waarheid wat baie van ons vergeet. Geen man of vrou is 'n bedreiging vir die doel wat God in jou geplaas het nie. Jy hoef jouself nie aan iemand anders te meet nie, want daar is geen vergelyking nie. Die ander persoon se doel is uniek. God skep nie namaaksels of ekstras nie. Staan dus vas in wie jy is en verwerp die leuen dat jy nie goed genoeg is nie. Dis tyd om vry van vergelykings te leef!

Bestudeer hierdie studie in meer diepte en bestel vandag jou eie boek hier: Killing Comparison

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Killing Comparison

Deur middel van hierdie 5-dag leesplan, Bevryding van Vergelykings, gee skrywer Nona Jones praktiese insig en eenvoudige bemoediging om jou te help om op te hou om jou met ander te vergelyk en eerder 'n bevrydende, vreugdevolle lewe na te jaag — om met selfvertroue te leef en te weet wie God jou geskep het om te wees. Jy kan die boek "Killing Comparison" te koop kry as jy die volle vrymakingsreis wil meemaak.

More

Baie dankie aan Nona Jones wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.nonajones.com/killingcomparison