Goddelike AmbisieVoorbeeld
STREEF NA UITNEMENDHEID
God wil hê ons moet uitnemendheid nastreef, want dit wys ons wil dinge reg doen; om mense na die beste van ons vermoë te help. Om uitnemendheid na te streef help ander om uitnemendheid te beleef, deur vir hulle ’n blik te gee op God se karakter en hulle te inspireer om self ook uitnemendheid na te streef.
God het uitnemendheid in die prag van sy skepping begin, en ons word geroep om dit in stand te hou. Ons lewe vertoon uitnemendheid wanneer ons voortdurend daarna streef om volgens Jesus Christus, wat volmaak was, se voorbeeld te leef terwyl ons die werk doen waartoe Hy ons geroep het.
Ons sal nooit in hierdie lewe volmaak wees nie, maar namate ons dié doelwit nastreef, sal ons ’n voorbeeld van uitnemendheid wees vir dié rondom ons.
Aangaande hierdie leesplan
Werk is deel van God se plan vir ons lewe. Daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Ons moet egter altyd streef na die perfekte balans tussen ons ambisie en sin vir verantwoordelikheid, rus en die regte prioriteite. Hierdie 7 oordenkings is geneem uit 101 DAGSTUKKE VIR MANS.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/