Goddelike AmbisieVoorbeeld

NEEM DIE REGTE BESLUITE
Om die regte besluite te neem is soos om te gaan stap; elke tree plaas jou ’n entjie verder op die pad. Soms beteken om die regte besluit te neem bloot om getrou te wees in die klein dingetjies. God se wil vir jou is om sy Woord te lees, Hom te gehoorsaam, ander te dien en te doen wat reg is.
As jy vandag besluit om sy wil te doen, kan jy seker wees jy is op die regte pad om ook 20 jaar van nou af sy wil te doen. Wanneer jy dan die einde van jou lewe nader, sal jy die wedloop kragtig kan voltooi en ’n erfenis van getrouheid nalaat.
Aangaande hierdie leesplan

Werk is deel van God se plan vir ons lewe. Daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Ons moet egter altyd streef na die perfekte balans tussen ons ambisie en sin vir verantwoordelikheid, rus en die regte prioriteite. Hierdie 7 oordenkings is geneem uit 101 DAGSTUKKE VIR MANS.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op
