Goddelike AmbisieVoorbeeld

BETEKENISVOLLE WERK
Werk is deel van God se plan vir ons lewe; daarom is ons werk vir God belangrik. Dié wat getrou werk, beleef baie voordele in hulle eie lewe en kan dit ook met ander deel. Op sy beste bring werk eer aan God en dit bring ook betekenis en vreugde na jou lewe. In jou werk moet jy karaktereienskappe van God uitleef soos uitnemendheid, besorgdheid vir ander se welstand, doelgerigtheid en dienslewering.
Watter werk jy ook al doen, daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Glo dat God jou vir ’n rede in jou bepaalde posisie geplaas het, en doen dan jou werk goed totdat Hy vir jou ’n deur oopmaak met ’n geleentheid om aan te beweeg.
Aangaande hierdie leesplan

Werk is deel van God se plan vir ons lewe. Daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Ons moet egter altyd streef na die perfekte balans tussen ons ambisie en sin vir verantwoordelikheid, rus en die regte prioriteite. Hierdie 7 oordenkings is geneem uit 101 DAGSTUKKE VIR MANS.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op
