Goddelike AmbisieVoorbeeld

Goddelike Ambisie

DAG 3 VAN 7

GODDELIKE AMBISIE

Ambisie kan met vuur vergelyk word – albei het die potensiaal om produktief of vernietigend te wees. Wanneer vuur in ’n kaggel brand, gee dit hitte en lig. Wanneer dit egter verkeerd gebruik word, dreig vuur om alles in sy pad te verteer. Dieselfde gebeur met ambisie.

Die Bybel spoor ons aan om te leer onderskei tussen godvrugtige ambisie wat groot voordele kan voortbring, en selfsugtige ambisie wat buite beheer kan raak. Godvrugtige ambisie bring ’n brandende begeerte voort om God te ken en te doen wat Hy vra. Selfsugtige ambisie bring die begeerte voort om die krediet en eer vir jouself te neem in plaas van dit vir God te gee. Jy kan jou ambisie toets deur vir jouself hierdie vraag te vra: Bring dit my nader aan God of vervreem dit my van Hom? As jy nie seker is nie, neem dit jou waarskynlik verder van Hom af weg.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Goddelike Ambisie

Werk is deel van God se plan vir ons lewe. Daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Ons moet egter altyd streef na die perfekte balans tussen ons ambisie en sin vir verantwoordelikheid, rus en die regte prioriteite. Hierdie 7 oordenkings is geneem uit 101 DAGSTUKKE VIR MANS.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/